23 April 21:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Nuus
Bendes val polisieman aan

’n Polisiekonstabel (29) moes noodgedwonge op bendelede die afgelope naweek skiet toe hy by sy huis aangeval is.

Die voorval het Saterdag (15 April) kort voor 23:00 in Amstelhof, Paarl-Oos, by ’n polisieman van Paarl-Oos-polisie se huis plaasgevind, toe twee bendegroepe klippe gegooi het.

Ná aanleiding van die klipgooiery wou die polisieman sy drie kinders na veiligheid neem.

Hy het die groep jongmans hieroor aangespreek, maar pandemonium het losgebars. Die bendes het dadelik die polisieman met klippe bestook en sy motor se een ruit beskadig.

Hierna het twee bendelede op die polisieman begin skiet en hy het uit noodweer sy pistool in die huis gaan haal om homself, sy kinders asook die bure te beskerm.

Die skote het behoorlik geklap en klippe is heen en weer gegooi soos die bendes oorlog teenoor die polisieman wou maak.

Twee van die Mafligo-bendelede is raakgeskiet. Met die polisie se aankoms op die toneel, is die beseerde bendelede na Paarl-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisieman is ook tydens die voorval beseer en na Mediclinic Paarl geneem.

’n Klag van opsetlike saakbeskadiging, poging tot moord en aanranding word ondersoek.

’n Ontstoke inwoner van Amstelhof gebied sê hulle is moeg daarvoor om veral oor naweke gyselaar in hul huise gehou teword as gevolg van bendegeweld.

“Ek soebat die gemeenskap om asseblief saam te staan sodat ons die bendegeweld en misdaad in ons gebiede hok kan slaan. Die jong bendes het niks respek vir ons inwoners nie.”

Volgens hierdie die inwoner moes hulle op Sondag (16 April) talle klippe in die straat en in hul erwe optel wat deur bendes daar geslinger is.

Sy het ook tydens Paarl Post se besoek aan die toneel gekla oor die bendelede se ouers wat voor die polisieman se woning kom skel het.

Die Paarl-Oos gemeenskap kan misdaad aanmeld deur 021 877 5900 te bel.

* A policeman was attacked and shot at by gang members in Paarl East last weekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.