27 Julie 00:40
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Nuus
Blindes aangeraai om sjokoladefabriek te vermy

Twee blinde vakansiegangers moes hulle besoek aan ’n plaaslike sjokolade-fabriek kortknip omdat die sjokolade op die vloer daar moontlik ’n gesondheidsgevaar vir hulle gidshonde was.

Die toeriste van Gauteng wou saam met hulle siende vriend sjokolade in Paarl gaan proe, maar ’n werknemer daar het hulle aangeraai om liefs nie die fabriek met hul diere te betree nie.

Dit kom ná die siende vriend gedurende hul besoek Vrydag (7 April) gaan hoor het of die gidshonde in die fabriek toegelaat kon word.

Die werknemer het toe glo daarop gewys dat daar stukkies sjokolade op die proekamer se vloer lê en dat die honde siek kon raak indien hulle daarvan sou eet.

Volgens Calvin Botha het hy en Jean-Marie Vivier met hulle onderskeie gidshonde buite gewag voor hulle siende vriendin die nuus oor die sjokolade op die vloer aan hulle oorvertel het.

Botha het gesê die geselskap was nie lus om te stry nie en het toe besluit om liewer die perseel te verlaat.

“Ons gidshonde is goed opgelei en hulle sal nie sommer enige iets eet wat voorkom nie,” het Botha gesê.

Volgens hom kon die werknemers by die fabriek meer tegemoetkomend gewees het.

Hy het gesê ’n eenvoudige oplossing sou wees dat ’n werknemer die sjokolade buitentoe na hulle gebring het.

Volgens die bestuurder van die sjokoladefabriek sal hulle nooit iemand met ’n gestremdheid belet om die fabriek te betree nie. Hy het ook genoem dat die meeste mense wat aan hulle handelsnaam verbonde is, diereliefhebbers is.

“Ek vra egter om verskoning as iemand onwelkom gevoel het, maar ons het nog nooit iemand met ’n gestremdheid weerhou om sjokolade te kom proe nie,” het die bestuurder gesê.

Luidens ’n inskrywing wat die handelsnaam op Facebook geplaas het, sal hulle in die toekoms dat ’n toergids blinde sjokolade-proewers vergesel en wat sal seker maak die honde se bekke kom nie naby sjokolade nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.