23 Augustus 08:13
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Boschendal se groenteplaas groei

Twee jaar gelede het die Boschendal-wynlandgoed, naby Pniel, slegs ’n kruietuin gehad. Vandag spog dit met ’n omgewingsvriendelike groenteplaas wat groente aan onder meer die landgoed se restaurant, deli en afsonderlike, organiese aanlynwinkels verskaf.

Dít kom ná Boschendal se groentespan gereelde toere van die groenteplaas en werkswinkels gehou het, om mense van die voordele van organiese kweekmetodes bewus te maak.

Volgens Megan McCarthy, die groenteplaas se bestuurder, is groente wat organies gekweek is, gesonder omdat dit nié chemikalieë soos insekdoders bevat nie.

“Ons weet nog nie wat die gevare van insekdoders, wat op groente gespuit word, vir mense se gesondheid inhou nie,” het McCarthy gesê.

Sedert McCarthy in 2015 by Boschendal begin werk het, het die groenteplaas van sowat 2,5 ha tot sowat 8 ha uitgebrei. Haar mede groentetuin-bestuurder, Raynard Joubert, oorsien die uitgebreide gedeelte van die groentetuin waar daar gewasse soos aartappels, blaarslaai, uie, beet en wortels groei.

“Die nuwe eienaars, wat sowat drie jaar gelede die plaas oorgekoop het, het nog altyd die droom van ’n volhoubare plaas gekoester. Daarom het hulle my gevra om met die groentetuin aan die werk te spring,” het McCarthy gesê.

McCarthy en haar span het bome uit ’n onvrugbare peer-boord op die landgoed verwyder, om sodoende ruimte te skep om die groenteplaas te stig.

Luidens ’n verklaring deur die Boscendal-landgoed is die grond, waarop die groente gekweek word, vinnig tot vrugbare grond herskep. Die proses neem gewoonlik tot vyf jaar om te voltooi, maar die proses is bespoedig omdat ryk, organiese kompos gereeld tot die grond toegevoeg is.

McCarthy sê die Boschendal se omgewingsvriendelike groenteplaas toon potensiaal omdat die publiek meer kieskeurig is oor wat hulle eet.

“Ons is aan die begin van ’n nuwe tydperk en wat ons besig is om te doen word met ope arms ontvang en nagedoen.”

* Boschendal Wine Estate between Paarl and Franschhoek can now boast with a worthy organic vegetable garden.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.