Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Dié lesers vier ’n tradisionele Kersfees

Die Kersfeesseisoen is hier, pragtige Kersliedere word gespeel en versierings is oral te sien.Paarl Posthet vir ’n paar inwoners gevra wat hul Kersfees-tradisies is.

Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, vertel dit is sy taak om die Kersboom in hul huis reeds vroeg in Desember op te maak, “want ek doen dit die beste”, sê hy.

) Wat is die Kersfees-tradisie in jou huis?

Conrad Poole: “Die samekoms van familie, heerlike maaltye, lekker kuier en samesyn.”

Chandré Farmer: “Ek en my gesin gaan almal kerk toe en agterna eet ons almal middagete saam.”

André Terblanche: “Pa moet sorg vir die liggies, ma vir die kos, my broer moet help liggies ophang en boom versier en ek dek die kerstafel.”

Lusanda Mqwane: “My familie kom almal bymekaar, want dit is die enigste tyd dat almal daar is.”

  • Watter kos of poeding moet altyd Kersfees op die tafel wees?

Poole: “Dis gewoonlik maar net die gewone kookkos met ’n stukkie gammon by as uitsondering en hoender. Niks té spandabelrig nie.”

Farmer: “Vir Kersfees is my familie lief om ’n klomp kos te maak, almal eet dan daarvan – soutvleis en trifle is natuurlik ’n moet.”

Terblanche: “My ma is elke jaar in beheer van die kostafel en het ’n talent vir oorboord gaan: gammon, soutvleis, boud, hoenders, slaaie, groentes, meer as genoeg is nog nie genoeg nie.”

Mqwane: “Ons eet gewone Sondagkos, met iets ekstra soos soutvleis. Ons is ook lief om jellie, vla en roomys te eet.”

  • Wanneer word die geskenke oopgemaak?

Poole: “Geskenke word klokslag om middernag op 25 Desember oopgemaak. Daar word dan gekyk na wie watter geskenke gekry het. Ons sluit ook af met ’n gebed as waardering vir dít wat gebeur het op daardie dag en toon ons dankbaarheid vir die geskenke wat ons ontvang het.”

Farmer: “Ons maak geskenke eers op Kersdag oop, ná kerk.”

Terblanche: “Op Oukersaand. Ons maak elke jaar beurte met wie die rol van Kersvader aanneem en die geskenke uitdeel.”

Mqwane: “Ons maak ons geskenke die middag oop, sodra die hele familie daar is.”

  • Waarna sien jy uit hierdie Kersfees?

Poole: “Ek sien uit na ’n veilige feesgety en dat die ware sin van Kersdag in Drakenstein ten volle in oënskou geneem sal word met die oog op nuwe hoop.

Farmer: “Ek sien uit daarna om al my familie te sien, te eet en net tyd met my geliefdes deur te bring.

Terblanche: “Ek sien uit na ontspan, goeie lees- en beeldmateriaal en na kosbare oomblikke saam met ware vriende en familie.”

Mqwane: “Ek sien uit daarna om tyd met my familie wat ek die hele jaar nie gesien het nie, deur te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.