30 April 16:38
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Nuus
Eier-moordsaak duur voort

’n 24-jarige man het Dinsdag weer in die Paarl-streekshof op aanklag van die moord op sy pa verskyn.

Sy pa, David Skippers, is in Maart 2015 dood toe hy 40 keer met ’n sakmes gesteek is ná hy en sy seun oor twee gekookte hoendereiers stry gekry het.

Die voorval het op die plaas De Ruist buite Hermon, waar Skippers gewerk het, plaasgevind.

Skippers, wat op die plaas werksaam was se meisie, Magrieta Arendse, het die woordewisseling buite sy huis gehoor.

Volgens Arendse is die seun uit die tronk ontslaan en wou nie ’n vaste werk op die plaas, wat sy pa vir hom gereël het, aanvaar nie.

“Ek het net geluide gehoor en my woonman buite die huis gesien lê vol steekwonde,” het Arendse gesê.

Die polisie het die beskuldige op die plaas inhegtenis geneem.

Sers. Cornelius van Rooyen het dit as die wreedste moord van sy 15 diensjare beskryf.

Kapt. Basil Seekoei, polisiewoord-voerder van die Wellington-polisiestasie, het bevestig dat die beskuldige op parool was toe hy vermoedelik die moord gepleeg het.

Sy parool is intussen teruggetrek en hy is borgtog geweier.

Skippers het onskuldig gepleit op die moordklagte en die saak is uitgestel tot 27 Februarie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.