22 Julie 12:45
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Filmmaatskappy vir die Paarl

Die Paarl radiodrama-skrywer, Martyn le Roux, het onlangs ’n filmmaatskappy op die been gebring.

Le Roux, wat weer vanjaar vir ’n ATKV Mediaveertjie genomineer is, het die filmmaatskappy, Paragon Cinematic, begin om plaaslik nuwe talent te ontgin.

Akteurs en tegniese mense van alle ouderdomme word vir sy eerste film, Pelsloper, gesoek.Die film is ’n opvolg van Le Roux se radiodrama, Bloedlyn, en verfilming sal vroeg in 2018 begin.

Persone kan aansoek doen by www.pcssm.co.za.

“Ons soek mense wat hul talente en tyd sal gee sonder onmiddellike vergoeding en passievol en opreg sal belangstel om deel te word van hierdie produksie om dit saam met ons suksesvol te voltooi,” het Le Roux gesê.

Le Roux, ook ’n onderwyser by Hoërskool Labori, het sy BA Drama en Toneelkunde by die Universiteit van die Vrystaat in 1982 gekry.

Hy was in die jare daarop intensief betrokke by verhoogproduksies as speler en of regisseur.

Oor die jare het hy vir die plesier daarvan stories en draaiboeke geskryf.

In 2014 het hy Bloedlyn aan RSG as ’n inskrywing vir ’n kompetisie gestuur en is gekies as een van die finaliste. Bloedlyn is toe in November 2015 op radio uitgesaai en het in 2016 die ATKV Mediaveertjie vir Beste teks vir ’n radiodrama gewen.

Sy tweede radiodrama, Die Dagboek van ’n Wurm, is vanjaar vir ’n ATKV Mediaveertjie benoem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.