24 Maart 12:03
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Nuus
Krieketafrigter weer in hof oor kindermolestering

’n Voormalige krieketafrigter van die Paarl en Stellenbosch het Woensdag 8 Februarie in die Stellenbosch-landdroshof gehoor nog aanklagte van seksuele oortredings word teen hom ondersoek.

Die 38-jarige krieketafrigter was ook ’n voormalige sangonderwyser by ’n bekende laerskool in Kaapstad se Noordelike voorstede en dit was die derde keer dat hy in die hof verskyn het.

Die man word daarvan aangekla dat hy ’n seun, toe 13, van die skool tussen Desember 2015 en Januarie 2016 op meer as een geleentheid seksueel aangerand het.

Volgens die klagstaat het die man onder meer pornografie in sy huis aan die seun gewys en glo ook voor die kind gemasturbeer.

Die staat beweer ook dat die man in dieselfde tydperk minderjarige kinders wat nog onbekend aan die staat is, seksueel uitgebuit het.

Milton de la Harpe, die man se prokureur, het gister in die hof, gerugte ontken dat sy kliënt ná sy inhegtenisneming weer by krieketafrigting van skoolkinders betrokke geraak het.

Dit ná Licardo Davids, die staatsaanklaer, die hof gevra het om die man se borgtogvoorwaardes aan te pas om hom te verhoed om krieket vir skoolkinders af te rig.

Die polisie het die beskuldigde verlede jaar op 18 November in hegtenis geneem. Hy het op 21 en 22 November, daardie selfde jaar in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklagte van onder meer die vertoon van pornografie aan kinders, die seksuele uitbuiting van kinders en seksuele gereedmaking.

Die polisie het vroeër daardie jaar, op 29 April 2016, in die man se huis beslag gelê op sy rekenaartoerusting, selfone, ’n identiteitsdokument en ’n paspoort.

Intussen het die man na bewering ’n nuwe paspoort gekry omrede hy die land wou verlaat om aan te meld vir krieketafrigting by ’n krieketskool, ná die polisie op twee van sy paspoorte beslag gelê het.

Hy is nog nie gevra om te pleit nie en daarom mag sy naam ingevolge die wet nie bekend gemaak word nie.

Die hof het beslis die man se borgtog van R2 000 is verleng tot sy volgende hofverskyning op 30 Mei. Die saak gaan hierna na die streekhof op Stellenbosch oorgeplaas word.

Tot dan mag hy nie die Wes-Kaap sonder die ondersoekbeampte se toestemming verlaat nie.

Hy mag nou ook nie enige krieketafrigting by skole doen waar minderjarige seuns betrokke is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.