26 Junie 14:19
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Nuus
Leerders beseer in stormloop

Nege-en-twintig leerders van ’n plaaslike laerskool is verlede Vrydag in ’n stormloop by die skool beseer terwyl hulle hul Valentyns-danspassies geoefen het.

Die leerders van Orleansvale Primêr het Vrydag ’n oefenlopie gehou vir hul komende Valentynsdag-funksie toe die voorval plaasgevind het.

Volgens ’n personeellid by die skool wat anoniem wil bly, het die onderwysers na afloop van die oefenlopie afgekondig dat die graad R-leerders eerste terug klas toe kon gaan. Daarna sou die res van die skool volg.

Hy vertel dat die leerders in ’n ry deur ’n hek na hul klasse moes beweeg. Maar ’n klomp ouer kinders het van agter af begin stoot om voor te kom.

“Van die onbeskofte graad 6’e en 7’s het ten spyte van die vermaning deur die opvoeders bo-oor die kindertjies en ’n buurtwaglid gehardloop.

“Die admin lokaal het soos ’n ongevalle-eenheid gelyk met al die beseerde kinders wat na omgesien word.

“Dit was nie lekker om ons kinders so te sien nie. Hulle het kneus- en skaafmerke aan hul lyfies en die een buurtwaglid loop mank.”

Die laaste kinders is die aand teen 20:00 uit die hospitaal ontslaan, en gelukkig is niemand ernstig beseer is nie.

“Die gedrag van sekere leerders was onaanvaarbaar. Van hulle het barbaarse houdings.”

“Ons het vandag (Maandag) ons saal byeenkoms gehad en ons het al die kleintjies wat seergekry het, voor laat sit, sodat die gr. 6’e en 7’s kan sien wat hul optrede veroorsaak het.”

Paddy Attwell, woordvoerder by die WKOD, het by navraag gesê dat die skool se beheerraad Maandag vergader het om voorsorgmaatreëls in te stel, om te verhoed dat so iets weer gebeur.

Attwell het ook gesê die skool sal berading reël vir die leerders wat dit nodig het.

* At least 29 young children were injured in a stampede at their school in Paarl East.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.