30 April 16:38
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Nuus
Mej. Dowe SA ploeg terug in gemeenskap

Binnekort gaan ’n twee-jarige seuntjie met die hulp van ’n kogleêre inplanting beter kan hoor.

Janie Visser van Wellington het ná haar kroning as eerste prinses vir Mej. Dowe Suid-Afrika, ’n projek genaamd Sense-5 begin.

Sy samel geld in, verkieslik R5’e, ten bate van die Decibel Cochlear Campaign wat deur Miss/Mr/Mrs Deaf SA gestig is om ’n kogleêre inplanting vir iemand moontlik te maak.

Die 20-jarige Visser, wat tans ’n tweede jaar BSc dieetkunde-student by die Tygerberg-kampus van Universiteit Stellenbosch is, het reeds die plaaslike skole, Laerskool La Rochelle, Laerskool Courtrai, Laerskool Hugenote en die Wellington-Noord-gemeente asook Paarl-hospitaal besoek.

“Ek lewer dan ’n praatjie om bewusmaking te kweek rakende die dowes.

Vir eers is my teiken plekke, skole en kerke in en om Wellington en Paarl.”

RW Venter van Pretoria is vanjaar se begunstigde.

Volgens Visser kos so ’n inplanting bykans R260 000, maar as die hospitaalkostes en ander mediese onkostes bygereken word styg die bedrag maklik tot by R500 000.

As enigeen Visser se projek wil ondersteun, stuur ’n e-pos na 19165684@sun.ac.za of bel haar by 072 709 0452.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.