18 Augustus 10:51
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Musiek-onnie weer in hof

Nog twee klagtes van die kindermolestering-klagtes wat voorheen teen die 62-jarige vermeende verkragter gelê is, word dalk weer in die hof verhoor.

Volgens kol. Marissa Gordon-September van die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), is hierdie klagtes onderskeidelik 2011 en 2015 teen die vermeende kindermolesteerder en verkragter gemaak.

Gordon-September het ook bygevoeg dat die slagoffers minderjarig was (2011 en 2015) tydens die voorvalle en kon nie self in die hof getuig teen die verdagte nie. Albei sake was van die hofrol geskrap.

Verder verduidelik Gordon-September: “Die twee sake was destyds van die hofrol geskrap weens min bewyse teen die verdagte. Die ouers van die slagoffers is nou die kans gegun om die besluitneming te neem of die sake weer in die hof verhoor moet word.”

Die beskuldigde is ’n bekende musiekonderwyser van die Paarl asook in die geledere van die plaaslike Eistedfodds.

Op Vrydag 21 April sal die beskuldigde weer in die Paarl-landdroshof verskyn vir ’n Paarl-Streekshof-datum.

Die beskuldigde is vanjaar op 19 Februarie in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting van ’n 16-jarige seun.

Die musiek-onderwyser word daarvan beskuldig dat hy in Julie 2011 ’n minderjarige seun verkrag het tydens sy musiekles by die verdagte se woning in Noorder-Paarl.

Die verdagte is deur die jare verskeie kere geïmpliseer by soortgelyke klagtes, maar is nog nooit voor die hof gebring nie. Kol. Marissa Gordon-September van die SAPD moedig slagoffers aan om na vore te kom en vir sers. Nadia van Wyk by 021 872 3549 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.