25 April 18:19
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Nuus
Plaaslike leerder is ’n internasionale semifinalis

’n Twaalfjarige liedjieskrywer se passie het daartoe gelei dat sy as een van 10 Suid-Afrikaanse semifinaliste in die Wêreldliedjieskryfkompetisie skitter.

Anna Louwrens, ’n gr. 7-leerder van Laerskool Paarl Gimnasium, se liedjie genaamd Big City vertel van haar drome om eendag bekend te word in New York.

“Ek wil graag eendag in New York gaan woon en my musiek in die strate speel om só bekend te word.”

’n Oorstelpte Anna kon dit eers nie glo toe haar pa die goeie nuus met haar deel dat sy uit soveel deelnemers van dwarsoor die wêreld as semifinalis gekies is nie.

“Ek het eers gedink my pa maak ’n grap met my, maar dit was toe werklik waar. Ek het gegil van vreugde en in die lug opgespring. My pa het my toe gewys waar my naam op die lys is,” vertel sy.

Haar liefde vir musiek het sy by haar pa, Kobus, gekry, veral wanneer hy musiek in die huis gespeel het.

“Ons het nooit ’n stilte in ons huis nie. Ons speel meestal my pa se klomp liedjies wat op sy rekenaar is en dit is ook waar ek my inspirasie vir my liedjie gekry het.” vertel Anna.

Anna, wat reeds op negejarige ouderdom haar eerste liedjie geskryf het, het reeds 20 liedjies voltooi.

“Die meeste van my liedjies begin as ek voor die klavier sit en net note speel. Dan kom daar skielik ’n liedjie in my kop.”

Sy vertel ook van die groot uitdaging voordat sy in die skoolkoor aanvaar is.

“Ek het vanaf gr. 1 gesukkel om by die koor in te kom. Ek kon eenvoudig nie die note regkry nie.”

Dit is toe dat sy in gr. 3 besluit om by die sangeres Laurinda Hofmeyr musieklesse te neem.

Meer as 16 000 inskrywings is vanjaar van regoor die wêreld ontvang vir die Wêreldliedjieskryf-kompetisie.

Adele, die Grammy-bekroonde, het ook al in die verlede gehelp beoordeel, terwyl talle sangers die einste kompetisie gebruik om aangrypende lirieke uit te snuffel wat hulle later in treffers kan omskep.

Tydens die kompetisie sal supersterre soos Bob Marley se seun Ziggy, India Arie en Salif Keita haar lirieke help beoordeel.

Haar trotse pa meen dat sy dogter ’n ongelooflike gawe ontvang het om haar gevoelens uit te druk in liedjies.

“Ek is opgewonde en bly dat sy erkenning hiervoor kry.

“Dié liedjie is oor haar drome om te reis en bekend te word, so dit is spesiaal dat haar drome nou so ’n bietjie waar word daardeur.”

Luister gerus hier na haar liedjie: https://soundcloud.com/kobuslouwrens/big-city-anna-louwrens. Kyk ook na die video waar sy twee jaar gelede saam met Laurinda en haarband een van haar liedjies gesing het: https://www.youtube.com/watch?v=KylLRMeDdf8.

* A twelve-year-old learner of Gimnasium Primary School has been chosen out of 16 000 songwriters from across the world as a semi-finalist in an international song writing competition.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.