18 Augustus 14:33
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Plaaswag laat vrugtediewe met wrang smaak

’n Boer het hom glo verlede Donderdag boeglam geskrik toe hy ’n groep jeugdiges en mans, gewapen met pangas, in sy vrugteboord teëgekom het.

Die boer het onmiddellik die Drakenstein-plaaswag van die vrugtediewe in kennis gestel waarna sowat vyf spanne plaaswaglede hulle na die vrugteplaas in Klein Drakenstein gehaas het.

Volgens Daan Boomkamp, bestuurder van die plaaswag, het lede die wetsoortreders in die boord omsingel en vasgetrek.

“Die polisie het agt verdagtes – vier mans en vier seuns – in hegtenis geneem. Die vrugtediewe het sakke byderhand gehad en is op die ou end met sowat 150 kg gesteelde vrugte betrap,” het Boomkamp gesê.

Volgens kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisiekantoor, is die jeugdiges van Paarl-Oos afkomstig en sy het bevestig dat die gesteelde vrugte aan die boer terugbesorg is. Boomkamp het gesê dat boere deesdae nie huiwer om op die plaaswag se nommer te druk nie.

“Die afgelope paar jaar het misdaad op plase vererger en boere wil nie meer kanse vat nie.”

Hy het mense gemaan om nie onwettige vrugte langs die pad te koop nie, want sodoende skep hulle ’n mark vir misdaad.

“Mense ly onder ’n wanindruk dat vrugte steel onskadelik of normaal is,” het hy gesê.

Intussen het die agt verdagtes Dinsdag in die Paarl-landdroshof verskyn. Volgens Du Plessis is Marcum Fortuin, Jamain Alexander en Colin Mentoor op borgtog vrygelaat terwyl die jeugdiges by ’n rehabilitasie-program ingeskryf is.

“Die vier wat op borgtog vrygelaat is, sal in die Paarl-landdroshof verhoor word,” het Du Plessis gesê.

*Dinsdag is twee verdagtes in hegtenis geneem ná hulle in die Paarl Hoofstraat met gesteelde druiwe betrap is.

Dit volg nadat ’n gewapende wag van die sekuriteitsmaatskappy ADT snuf in die neus gekry het toe hy twee mans gewaar het wat bedekte winkeltrollies in die straat af gestoot het.

Volgens Verena Hulme, ADT-bestuurder van Kaapstad-Noord, het die wag die mans gestop om ondersoek in te stel.

“Hy het die komberse wat die trollies bedek het afgetrek en druiwe in verpakking van die plaas De Hoop ontdek,” het Hulme gesê.

Die eienaar van die plaas is ná die voorval in kennis gestel en het glo vertel dat hy vroeër twee verdagte mans in sy wingerd opgemerk het. Daar is al van te vore druiwe daar gesteel.

* Young fruit thieves, armed with pangas, were nabbed by the farm watch, on a Klein Drakenstein farm with 150 kg of fruit that they had stolen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.