24 Junie 07:28
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Nuus
Polisie verbrou met egpaar se doodstoneel

Die polisie het skynbaar verbrou met hul ondersoek by die doodstoneel van Sunita en Jacques van Dyk.

Dít is volgens bronne na aan die ondersoek van die Wellingtonse egpaar wat verlede maand tragies in hul badkamer in hul plaashuis op Jakhalsvlei doodgebrand het.

Daar is sedert die egpaar se dood beweer dat Sunita ’n buite-egtelike verhouding met die skoolhoof van Laerskool Paarl Gimnasium, Danie le Roux, aangeknoop het.

“Nou gaan ons dalk nooit weet wat regtig daardie aand gebeur het nie omdat die polisie dit nie van die begin af as ’n misdaadtoneel hanteer het nie,” het die bron vertel.

Daar is onder meer beweer dat ’n vroulike speurder die oggend ná die brand die skoolhoof se vrou verby die afgesperde polisietoneel vergesel het tot in die huis wat gebrand het.

Daar was glo ’n slot aan die badkamerdeur waar die egpaar dood is, maar dié slot én juwele het van die doodstoneel verdwyn.

Die Wellington-polisie wou nie kommentaar lewer oor die bewerings nie omdat die omstandighede rondom die egpaar se dood steeds ondersoek word, maar het versoek dat enige persoon met inligting oor die voorval die polisie bel.

Die presiese oorsaak van die egpaar se dood sal eers vasgestel word wanneer die forensiese toetse wat op die egpaar se organe gedoen word, voltooi is. Dié toetse kan soms drie tot ses maande duur. Die proses kan bespoedig word indien ’n spesiale versoek aan die forensiese laboratorium gerig word.

Volgens ’n bron naby aan die ondersoek het die aanvanklike doodsondersoek aangedui dat daar rook in Sunita se longe was, wat beteken dat sy moontlik aan rookinaseming dood is. Verdere forensiese toetse word wel gedoen om die presiese oorsaak van die egpaar se dood vas te stel asook of daar enige misdaad gepleeg is.

Die brand het die oggend van 10 Mei voor 03:00 ontstaan en die plaashuis se internetsein het om 02:46 afgegaan.

Daar is beweer dat die brand in ’n kaggel in die woonkamer ontstaan het, maar volgens ’n betroubare bron is dit baie onwaarskynlik.

“As dit die geval was, sou die kaggel heeltemal vernietig gewees het. Volgens my lyk dit nie of die vernietigende brand in die kaggel ontstaan het nie,” het die bron gesê.

  • Le Roux, het verlede week in ’n ope brief wat hy aan die ouers van Laerskool Paarl Gimnasium geskryf het, vir die eerste keer oor die bewerings van ’n buite-egtelike verhouding in die openbaar uitgewei.

In die brief noem hy nooit dat hy ’n buite-egtelike verhouding gehad het nie, maar skryf hy dat hy die professionele grense met “iemand wat hy gementor het” oorskry het.

“Daardie grense het vervaag en ek is jammer,” het hy geskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.