26 April 07:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nuus
Randy Marinus: Een van rugby se onbesonge helde

Ek het as kind eendag gesien hoe my oom, Randy Marinus, ’n gemeenskap toespreek met ’n rugbybal in die hand en dit het onlangs tot my deurgedring, dalk het ons jong talent meer sulke voorbeelde nodig.

Hy sou die eerste kleurling Springbok gewees het, sou hy nie die geleentheid geweier het om saam met Federasie te speel met ouens soos Thys Lourens en Nick Mallett nie. Maar daar was politiek in rugby en “dit het vriendskappe en families gebreek,” sê hy.

Vir ’n Marinus is die rugbybal ’n simbool van die hoogtes wat jy kan bereik en hoe passievol jy oor die sport is. Dit is ook seker ’n teken dat, kon hy dit vandag doen, sou hy sy togs vasmaak en ’n paar groot stampe uitdeel.

Hy was die destydse kaptein van die nie-rassige-Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en hy is ’n Paarlse kind, een van ons eie.

Hy vertel dat sy liefde vir rugby ontstaan het op die ouderdom van 15 jaar. Met sy kolossale raam was hy op skool toe te groot en oorgewig om rugby te speel. Tog het sy liefde op die atletiekbaan gelê, maar hy moes skool verlaat om sy ma, Sarah, en hul huishouding te ondersteun. Rugby was toe sy troos.

In 1973 het hy by die Falcons RFC in Johannesburg aangesluit en met sy terugkeer na die Paarl het hy op die ouderdom van 19 uitgedraf vir die Proteas teen die All Blacks in 1976.

Die feit dat hy sy Springbokbaadjie vir ’n snoek verruil het ná al sy trotse oomblikke, soos Boland kaptein in 1983, Saru sportman van die jaar in 1984, Saru kaptein in 1984, dui daarop dat niks meer belangrik vir hom was as om kaptein van sy plaaslike klub Young Gardens of sportman van die jaar te wees nie. Iets wat nooit gerealiseer het nie.

Behalwe dit, is hy steeds ’n legende, veral in Amstelhof waar hy grootgeword het – daar waar ander groot geeste soos Peter de Villiers en Pompies Williams se name lê. Manne saam met wie hy gespeel het.

Verder het hy sy ‘Rocky Balboa moments’ gehad wanneer sy vrou, Juliet, hom by die voet van die berg afgelaai het en met die kar boontoe gery het om sy tydhouer te wees. ’n Dieet van melk en eiers, geen drank of rook, was die resep destyds vir hierdie ‘Yster’, soos hulle hom ken.

Maar dit was beslis nie sy gehoorsame dieet wat hom laat uitstaan het nie. Miskien die mees opvallende eienskap wat hy vandag, deur sy rugby, toon is die verhoudings wat hy toe opgebou het.

“Ek word nie net as ’n rugbyspeler gesien nie, maar vir die mens wie ek is.

“Veral met die jeug, daar is manne wat moet speel maar teen die draad staan omdat daar nie genoeg geleenthede is nie en ons makeer hulle. Ek is teleurgestel in ons mense wat nie kyk na die jeug nie.”

Die Saru-Legends stigter, Angelo Arendse, het as junior in die ‘80’s ’n goeie oog op rugby gehou, en die beeld wat voor hom uitgespeel het toe hy (Marinus) en rugbyveterane mekaar omhels het by ’n geleentheid, het hom geïnspireer om ’n reünie te hou. By die reünie (onlangs gehou in Wellington) is daar besluit om inisiatief te neem vir projekte om voormalige spelers en huidige talent te eer. Vir meer inligting bel Arendse by 078 261 7600.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.