22 Januarie 12:03
Kaapstad Verander Area

Sondag

24°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

20°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Woensdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

21°C / 18°C

Wind 50km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Nuus
Samaritane beroof, geskiet op ongelukstoneel

’n Egpaar het ’n noue ontkoming gehad toe hulle onlangs by ’n ongelukstoneel wou help en toe deur die einste “beseerdes” gekaap is.

Die man, wat verkies om anoniem te bly, sê hy en sy vrou het Donderdagaand omstreeks 22:50 van ’n werksfunksie afgekom toe plaaswerkers langs die R44 naby Windmeul vir hulle wys om stadiger te ry. Dit was duidelik dat daar pas ’n ongeluk gebeur het. ’n Voertuig het in hul baan in die rigting van Wellington gelê terwyl ’n ander voertuig op die middelman gestaan het.

“Ons kon sien ’n kar het gerol. ’n Ou was besig om uit die kar te klim. Ek het stilgehou en vir hom gevra, ‘are you okay?’ en hy’t nog vir my gesê, ‘I’m okay’.

Ek het vir hom gesê hy moet dit rustig vat, ek sal solank die ambulans en die polisie bel. Ek het vir een of ander rede doelbewus nie uit die bakkie geklim nie.

“Toe ek weer kyk, staan hy met ’n geweer teen my kop.”

’n Tweede verdagte het ook sy verskyning gemaak.

Die egpaar is uit hul bakkie gedwing.

“Ons het gedoen wat hulle sê. Hulle het in die bakkie ingeklim maar gesukkel om dit ge-start te kry.”

Die bakkie was in hierdie stadium reeds afgeskakel, verduidelik hy.

“Hy het toe ’n skoot tussen ons voete geskiet. Ek het weer vir hom gesê ‘take it easy’ en omgeloop en die bakkie vir hulle aangeskakel.”

Die verdagtes het met die bakkie gevlug. Die man sê hy weet nie hoe nie maar hy het agtergekom hy het nog sy selfoon by hom. Hy het dadelik die polisie, plaaswag en Tracker gebel, wat die bakkie uiteindelik in Kayamandi opgespoor het.

Die verdagtes was skoonveld.

Daar word beweer dat die voertuig waarmee die verdagtes die ongeluk gemaak het, ’n Volkswagen Jetta, in ’n roof in Gugulethu gesteel is.

“Mens wil dink dat jy jou landgenote kan help. Nou’s dit verby,” het die man gesê.

’n Klag van motorkaping word deur Paarl-polisie ondersoek.

Enigiemand met meer inligting kan die polisiekantoor skakel by 021 807 4000/4002.

* A couple who where trying to help “victims” at an accident scene were robbed by the “injured driver”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.