25 Maart 11:46
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Nuus
Sand belemmer watervloei na Voëlvlei

Glo hardnekkige versuim om sand uit ’n waterkanaal te haal, hou ’n 20% verminderde watervloei in na die Voëlvleidam, Swartland se hoofbron van watervoorsiening.

Terwyl stadsvaders die streek se dam-vlakke bekommerd dophou en water-polisie inwoners se waterverbruik oor die fyn kam skeer, skets waterkanale propvol sand en swakbestuurde infrastruktuur in een van die opvangsgebiede ’n splinternuwe prentjie. Hoog bo in die Saron- en Winterhoekberge buite Porterville lê spierwit sand gelykvol met die keerwal.

In stede om die Leeurivier se water op te dam, keer dié wal nou sand. Wanneer langverwagte reënwater oor ’n paar maande die keerwal bereik, sal die Leeurivier sy lewegewende water bo-oor spoeg. Rivier toe. See toe. Sodat kanale wat die welkome reën na die Voëlvleidam moet vervoer, hul doel verloor.

Die grootste deel van die kanaal onder dié keerwal is gevul met sand – 2 meter diep. Wanneer die eerste reëns in dié kanale afhardloop, sal die meeste water nie net verlore gaan nie, maar sal sand die landbouers se masjinerie en pompe laat breek. Soos die R1 miljoen se skade van laasjaar; met sand as oorsaak.

“Dit alles het begin met die brand in die berge, so drie jaar gelede,” verduidelik Wessel van Niekerk van Wesland buite Porterville en komiteelid van die 24 Riviere-besproeiingsraad, wat die afgelope 22 jaar die gemeenskap se lewensaar – die opvangsgebied en die strukture wat water na die Voëlvleidam afvoer – monitor. “Weens die verminderde plantegroei spoel daar nou met elke reënbui baie meer sand teen die berge af as vorige jare. Die sand sak af en blokkeer die kanale. Al ons gesprekke en versoeke aan die departe-ment van waterwese om dié probleem aan te spreek, val op dowe ore.”

Toe ’n beton-blad in ’n kanaaldraai teen Augustus laasjaar breek, was die amptenare se ‘hulp’ glo om die kanaal se watervlak te verlaag, om te voorkom dat die kanaal op daardie spesifieke kanaaldraai breek.

Hoe verlaag mens die watervlak in ’n baie droë era in die Wes-Kaap? “Dit was ’n kwessie van die maklikste uitweg – jy pomp dit net eenvoudig uit. Hulle werk nou eers aan daardie gebreekte slab van Augustus laasjaar. Intussen bestaan daar geen onderhoudswerk aan die kanale nie. Boompies wat hier begin uitgroei, se wortels lig later die betonblokke op.

“Ons bereken die Voëlvleidam ontvang tot 20% minder water weens hierdie versuim. Moet hier eers ’n krisis kom voor waterwese begin aandag gee?” is Van Niekerk se bekommernis.

Tydens ’n besoek aan die gebied Vry-dag, het politieke leiers van die gebied hul misnoeë te kenne gegee. Chris Hun-singer (Bergrivier se kiesafdelingshoof) het ’n amptelike versoekskrif namens die Bergrivier-kiesafdeling aan Leon Basson, lid van die nasionale portefeulje-komitee in die parlement oorhandig. Dié komitee vervul ’n oorsigrol oor die Waterraad en beoog om die kwessie van versuim verder te neem – selfs tot by die nasionale minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane.

“Tientalle vergaderings en gebedsinisiatiewe word gehou te midde van die water-krisis; dan lê hier ’n dam water wat deur jare se versuim nie by die Voëlvleidam uitkom nie,” het Hunsinger gegrief gesê. Evert Manuel, burgemeester van die Bergrivier, het die hoop uitgespreek dat dié situasie vinnig – voor die reëntyd aanbreek – aangespreek sal word.

Die departement waterwese is genader vir kommentaar, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie. - Swartland Gazette

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.