25 Maart 11:51
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Nuus
Selfdood onder die vergrootglas

Is jy ’n kenner van depressie en selfdood, ’n ouer of individu wat al persoonlik daardeur geraak is en meen jy jy kan met jou ervaring ander mense help?

Die Eugène Marais Stigting in die Paarl soek na individue, professioneel of enigeen wat deur hierdie siekte se trauma geraak is, om deel te neem aan ’n seminaar oor depressie en selfdood.

Die dagseminaar hieroor, met ’n terugvoeringsessie die aand wat deur enigeen bygewoon kan word, word beplan vir Woensdag 29 Maart by die Eugène Marais-kampus in Rozenfonteinsteeg 3 in die Paarl. Marais was in 1887 in die geboue op hierdie terrein in matriek en was ’n depressielyer wat homself op 29 Maart 1936 om die lewe gebring het.

Hierdie aanbieding vorm deel van die Stigting se doelstellings. Die doelstellings behels onder meer dat, om met verwysing na die nagenoeg 40 temas waarby Marais in sy lewe betrokke was, die gerestoureerde koshuisgebou op die kampus te gebruik om met genooide kundiges openbare tafelgesprekke en seminare te reël en te fasiliteer waar nuwe insigte en perspektiewe ontgin kan word oor aktuele onderwerpe.

Hierdie voldag seminaar is ’n eerste proeflopie met selfdood as die tema, met die fokus op skoolverlaters/jongmense. Die dag word geborg deur Drakenstein-munisipaliteit.

Dit behels dat 10 deelnemers vanuit verskillende dissiplines aan die interdissiplinêre dagseminaar oor depressie en selfdood sal deelneem. Individuele bydraes sal binne ’n interaktiewe groepdinamika hanteer word. Professor Lizette Rabe van die Universiteit Stellenbosch het ingestem om as inleier op te tree.

Indien jy wil deelneem, kontak vir dr. Niel du Toit, koördineerder van die seminaar, by 021 8724634, 082 556 7562 of nieldutoit@eugene-marais.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.