17 Januarie 08:46
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

25°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

24°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

21°C / 17°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Saterdag

23°C / 17°C

Wind 38km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Sondag

23°C / 18°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Nuus
Skenk bloed - dis vakansietyd en bloedbanke loop leeg

Die Feesseisoen is hier en terwyl die meeste mense uitsien na ’n welverdiende blaaskans, word daar ook groot druk geplaas op die voorraad bloed beskikbaar gedurende die tydperk.

Dit is dus een van die besigste tye van die jaar vir die WP Bloedoortappingsdiens (WPBOD), met ’n groter aanvraag na bloed.

Behalwe vir die feit dat die paaie hierdie tyd van die jaar ekstra besig is, daal bloedskenkings ook gewoonlik.

Minder mense onthou om bloed te skenk voor én gedurende hulle vakansietyd, omdat daar soveel voorbereidings is waarmee hulle besig is.

WPBOD het ook minder toegang tot skenkers omdat van die gereelde lokale wat WPBOD gedurende die jaar besoek, hul deure tydens die vakansietyd sluit.

Dus maak WPBOD seker dat vakansiegangers toegang het tot bloedskenkklinieke gedurende die vakansie.

Daar sal bloedskenkklinieke in residensiële areas, winkelsentrums en prominente vakansieplekke regoor die Wes-Kaap wees.

In die Paarl by die plaaslike WPBOD-tak in die Hoofstraat (langs Pêrel Sport) kan skenkers regdeur die vakansie op Donderdae tussen 12:00 en 20:00 gaan bloed skenk.

Onthou om te skenk en gee die seisoen se grootste geskenk aan pasiënte wat hierdie tyd in hospitale deurbring.

  • Bloedskenking neem 30 minute van jou tyd elke 56 dae.
  • Dit vereis dat jy tussen die ouderdom van 16 en 65 is, meer as 50 kg weeg, medies gesond is en ’n gesonde leefstyl handhaaf.
  • Dit is glad nie gevaarlik vir jou liggaam nie omdat daar slegs 475 ml bloed geneem word, wat binne 24 uur weer deur jou liggaam vervang word.
  • Terwyl skenkings van alle bloedgroepe belangrik is, doen die diens wel ’n spesiale beroep op bloedgroepe O en B om meer gereeld bloed te skenk. Hierdie groepe is geneig om meer kwesbaar te wees tydens bloedtekorte.
  • Daar is ook ’n behoefte aan meer swart bloedskenkers om aan die etniese diversiteit van pasiënte te voldoen.

*Vir verdere inligting, SMS “Bloed” na 33507 en WPBOD skakel jou terug met inligting oor jou naaste bloedskenkkliniek. Skenkers en/ of voornemende skenkers kan die diens ook kontak by 021 507 6300, e-pos by info@wpbts.org.za of die webblad besoek by www.wpblood.org.za. Vir interessante feite en inligting oor die streek se bloedvoorraad, besoek gerus ook Facebook (WP Blood) en Twitter (@WPBlood). Die diens bedank graag al die gereelde skenkers vir hul ondersteu-ning tydens 2016. - Uitgereik deur die WP Bloedoortappingsdiens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.