26 April 07:58
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nuus
Sushi-sjefs vlug ná ‘papiere’ gevra word

Al drie Chinese sushi-sjefs by ’n restaurant in die Paarl het gevlug en spoorloos verdwyn ná ’n werknemer van die departement van binnelandse sake hul “papiere” aangevra het.

Die restaurant moes weens die sjefs se skielike afwesigheid byna drie weke sonder sushi, wat baie gewild op hulle spyskaart is, klaarkom.

Volgens die eienaar van die restaurant het die werknemer van die departement van binnelandse sake aan die begin van vandeesmaand die restaurant besoek en die Chinese se Suid-Afrikaanse werkpermitte aangevra.

“Die Chinese het nog dieselfde middag weggehardloop,” het die eienaar vertel.

Die buitelanders was glo daardie dag huis toe “om hul werkpermitte te gaan haal,” maar het nooit na die werk terug gekeer nie.

Dit bly onbekend wat van die sushi-sjefs geword het, maar die eienaar vermoed dat hulle Kaapstad toe gevlug het.

Volgens die eienaar het hy ’n informele vennootskap met die drie sushi-sjefs gehad en het daarom nooit hulle papierwerk onder oë gehad nie. Hy sê, hy het homself boeglam geskrik toe hy hoor besigheidseienaars kan ’n duur boete opgelê word indien hulle onwettige immigrante in diens neem.

Daarom het hy besluit om vandeesweek liefs twee Suid-Afrikaners as die nuwe sushi-sjefs aan te stel.

“Dis ’n jammerte, want die algemene klant dink Chinese maak beter sushi as Suid-Afrikaners,” het die eienaar gesê.

Teen druktyd kon Paarl-kantoor van die departement van binnelandse sake nie vir verdere besonderhede bereik word nie.
)
Three Chinese sushi chefs fled after an official from the Department of Home Affairs in Paarl asked for their working permits.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.