Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Winkel ná brand besteel

Polisieversterkings moes vandeesweek ingeroep word toe chaos by ’n winkel in Paarl-Oos helder oordag ontstaan het.

Die drama het Maandagoggend ontvou toe die inwoners van Klein Nederburg-woongebied ’n vragmotor voor Food-O-Rama sien staan het waarop oorblyfsels in die winkel ná die vorige week se brand opgelaai word.

Daarna het ’n groep inwoners van die gebied die winkel bestorm, na binne gehardloop en gegryp wat hulle kon vat.

Volgens ’n ooggetuie op die toneel was daar geen keer aan die inwoners nie toe hulle die oorblywende kruideniersware van die winkel asook toerusting en staalrakke uitgedra het.

Die ontstoke huurders van Food-O-Rama het die groep probeer keer, maar dit was tevergeefs en die winkel is letterlik leeg gedra.

Met die aankoms van Paarl-Oos-polisie op die toneel was daar steeds van die inwoners wat die winkel met items verlaat het.

Food-O-Rama is op 5 Maart deur ’n brand kort ná 02:55 in puin gelê.

Polisiewoordvoerder kapt. Diana Linee het bevestig dat die brand verlede week deur ’n elektriese fout in die winkel ontstaan het.

Linee vertel: “Ná die brand het ons verskillende klagtes ontvang dat die beskadigde perseel geplunder word. Die polisie voer gereeld patrollies uit in die gebied, maar kan nie verantwoordelik gehou word om die perseel op te pas nie, aangesien dit nie ’n staatsinstansie is nie. Die eienaar is verantwoordelik vir sy perseel en moet die nodige maatreëls vir sekuriteit tref.”

Food-O-Rama is ook in 2009 deur ’n brand in puin gelê. Personeel en kliënte moes op daardie tydstip die winkel vinnig verlaat.

* After a store in Paarl East burnt down, residents of Klein Nederburg stormed the shop and stole the remaining items.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.