28 Junie 19:38
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Nuus
Gesteelde goedere gekry

’n Vrou van Chrismar het al haar gesteelde goedere teruggekry nadat die vermeende diewe helder oordag in ’n besige straat daarmee rondgeloop het.

Ao. Whitey van Zyl en ao. Gawie Hawkins van die Bellville-polisie se misdaadvoorkomingseenheid het op Dinsdag 11 April om 12:00 Ou Paarlweg gepatrolleer toe hulle twee verdagte mans met onder meer ’n rugsak sien stap het.

By nadere inspeksie is gevind die sak is gevul met kameras, selfone, juwele, klere, ’n GPS-toestel en kontant, het kol. Fienie Nimb, ’n woordvoerder van die Bellville-polisie, gesê. “Die mans het gesê hulle het die goedere langs die pad opgetel,” het Nimb gesê. ’n Vrou van Chrismar het dieselfde aand om 19:00 ’n saak van huisbraak aanhangig gemaak. Sy het al die goedere wat teruggevind is, as haar eie uitgeken, maar het wel nog haar tekkies vermis. “Een van die verdagtes het toe die tekkies aangehad,” het Nimb gesê.

Die mans, onderskeidelik 36 en 19 jaar oud en van Nyanga, is onder meer vir die besit van gesteelde goedere aangekla.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.