27 April 20:48
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Nuus
Gryswater skadelik op lang termyn

Gryswater maak tuingrond op lang termyn brak, wat jou uiteindelik duur te staan gaan kom, is wat kenners sê na aanleiding van gryswater wat toenemend as ’n oplossing beskou word vir waterbesparing in die huidige droogte in die Wes-Kaap.

’n Leser van TygerBurger, Martiens van Bart, het gewaarsku dat die gebruik van gryswater om tuine nat te lei, langtermyngevolge kan inhou – nie net kan die hoë natriumvlakke skadelik wees vir jou tuin nie, maar die verminderde gryswater in die rioolstelsel kan ook dié stelsel laat blokkeer.

Volgens hom was dit die gevolg van ’n toename in gryswatergebruik in Durban in ’n droogte sowat 30 jaar gelede, wat toe teen groot koste herstel moes word.

Dr. Eduard Hoffman, voorsitter van die departement grondkunde aan die Universiteit Stellenbosch, het by navraag bevestig die langtermyngebruik van gryswater in tuine kan die grond laat verbrak.

“Alle seep bevat natrium en as dit oor ’n tydperk toegedien word, gaan dit in die grond opbou. Met die verwagte winterreën sal dié stowwe weer uit die grond geloog word. As dit egter nie genoegsaam reën nie, gaan jy moeilikheid kry,” het hy gewaarsku. “Min plante is aangepas om in brak grond te floreer. Die natriumvlakke in bad- en stortwater is nog redelik laag, maar dié van wasmasjienwater is baie hoog en is nie op lang termyn geskik vir tuine nie.

Selfs bio-afbreekbare produkte bevat meestal natrium – dalk net in ’n mindere mate. Dit gaan dus net langer neem om die grond te laat verbrak
Dr. Eduard Hoffman

“Waspoeiers bevat komplekse soute – ’n kombinasie van natrium, kalium en fosfaat, wat wissel van seep tot seep. Dit word in die klei in grond vasgehou en kan so gou as in ’n maand se gryswatergebruik, grond laat verbrak,” het hy gesê. Volgens Hoffman sal daar, as jy jou wasmasjienwater gereeld op dieselfde plek uitlaat, later ’n wit lagie op die grond vorm wat deur die soute veroorsaak word. Dit sal veroorsaak dat varswater nie meer kan infiltreer nie. Die soute in die grond plaas plante onder waterstres en hulle sal verwelk of selfs doodgaan, het hy gesê.

“Selfs bio-afbreekbare produkte bevat meestal natrium – dalk net in ’n mindere mate. Dit gaan dus net langer neem om die grond te laat verbrak. Dis natuurlik moontlik om die brak grond te herstel, maar teen ’n koste,” het hy gesê. Ook anti-bakteriese seep word nie aanbeveel nie. Dit vernietig nuttige grondbakterieë of mikrobes en is sleg vir die omgewing.

Op navrae aan die Stad Kaapstad of die nadele van gryswater oorweeg is in die lig daarvan dat die Stad inwoners aanmoedig om hul tuine met gryswater nat te lei, het J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekerheid en maatskaplike dienste, gesê inwoners word aangemoedig om omgewingsvriendelike of natuurlike skoonmaakprodukte te gebruik.

Die beste bron van gryswater vir die natlei van tuine is dié afkomstig van die badkamer (stort, bad en handewasbak). Toiletwater word beskou as swartwater en is ongeskik. Skottelgoedwater word meestal ook as ongeskik beskou, weens onder meer die hoë vetinhoud. Skottelgoed-afspoelwater is wel geskik, het Smith gesê. Hy het aanbeveel dat inwoners hul tuine een keer per maand met skoon munisipale water of reënwater natlei. “Gryswater mag net op jou eie perseel gebruik word en nie die grense van die perseel waarvan dit afkomstig is, verlaat nie,” het hy gesê. “Gryswater moet nie langer as 24 uur gestoor word voor dit gebruik word nie. Wasgoedwater wat gebruik is om babadoeke of enige ander klere wat met ontlasting besmet is, moet nooit as gryswater gebruik word nie. Geen gryswater moet gebruik word van ’n huishouding met iemand wat ’n aansteeklike siekte het nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.