23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Nuus
O kragtie, krag is duur!

Hulle het al amper alles probeer om geld te bespaar, maar kan maar net nie voorbly nie.

Riaan Basson van Kraaifontein het onlangs gesit en ’n begroting uitgewerk om te kyk waar hy en sy gesin verder kan bespaar, en dis toe dat hy iets agterkom.

Basson sê sy dogter en seun het vertel hoe hulle vir dieselfde hoeveelheid geld per maand meer elektrisiteitseenhede kry.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek woon al 20 jaar hier en kom dit nou eers agter.”

Blykbaar kry sy dogter in Stellenbosch meer eenhede vir dieselfde hoeveelheid geld as wat hy in Kraaifontein betaal vir sy krag.

Hy sê hy het reeds ’n tydmeganisme gekry vir sy geiser en dit bespaar hom sowat R500.

Maar hy voel hy kan méér doen om te bespaar, maar dit lyk nie of hy gaan regkom met elektrisiteit nie.

Xanthea Limberg, die Stad se burgemeesterskomiteelid vir onder meer energie, sê die verskil in pryse sal bepaal word deur die tariefgleuf waaronder spesifieke inwoners val, sowel as die hoeveelheid elektrisiteit wat hulle per maand aankoop.

Sy sê die Stad het tans twee tariewe: een vir huishoudelike of tuisverbruik (domestic), en die gesubsidieerde sogenaamde Lifeline-tarief.

Sy verduidelik die tuisverbruik-tarief is ’n “twee-blok, opdraande bloktarief”, en is toepaslik vir inwoners wat gemiddeld méér as 450 kWh per maand gebruik.

Inwoners op die tuisverbruik-tarief sal dan R1,88 per eenheid betaal vir die eerste 600 eenhede wat hulle koop gedurende ’n maand. Verder sal hulle R2,28 per eenheid daarna betaal. Sy sê die Lifeline-tarief is ’n “spesiale, hoogs gesubsidieerde twee-blok, opdraande bloktarief”.

“Dis gemik op behoeftige inwoners wat gemiddeld 450 kWh of minder per maand gebruik.” So ’n klant of inwoner op die Lifeline-tarief sal R1,11 per eenheid betaal vir die eerste 350 eenhede wat hulle koop vir die maand, en dan R3,06 daarna betaal.

Limberg sê dis hoekom inwoners aangeraai word om net die hoeveelheid elektrisiteit te koop wat hulle werklik benodig. “Moenie méér koop nie. Dis om te verhoed dat mense nie onnodig hoër tariewe hoef te betaal nie.”

Sy sê ’n rede hoekom inwoners in Stellenbosch en Drakenstein dalk minder betaal het, is omdat daar ’n hoër aparte maandelikse dienstarief by hul rekeninge ingesluit was.

Limberg sê die verskillende munisipaliteite het elkeen sy eie tarief wat goedgekeur is deur die Stad en die nasionale energiereguleerder.

Sy sê om die onderskeie munisipaliteite se tariewe te meet, “is om appels met lemoene te vergelyk”.

Volgens Limberg word die prys van elektrisiteit vasgestel deur hoeveel dit kos vir die diensverskaffer om dit te verkry.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.