28 Julie 00:47
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Nuus
kraaifontein
Pa skiet kêrel glo ná rusie

“Hy het my kind so hard geslaan dat sy ’n [epileptiese] aanval gekry het,” vertel die ma van die vrou wie se pa na bewering Sondag haar kêrel doodgeskiet het.

Die voorval het net ná 18:00 in Didistraat in Scottsdene gebeur.

Die ma vertel die 43-jarige-man wat al ses jaar met hul 34-jarige dogter uitgaan, was glo ’n moeilikheidmaker.

“Hy was altyd dronk en dan wil hy ‘grootmond’ raak met my man. Ek moes hom telkemale hier uitsit en wil dan net gaan slaap, dan hoor ek hom weer.”

Daar was blykbaar ’n woordewisseling tussen die huisbaas en die kêrel, bekend as Juanito “Nito” Otto.

Otto is ’n voormalige rugbyspeler van die Scottsdene-rugbyklub.

Soos verneem word, het hy Sondagmiddag daar opgedaag en oor en weer deur die huis gestap. Hy wou glo nie padgee selfs ná vele waarskuwings nie.

Die huisbaas het toe opgespring van waar hy heelmiddag op die bank voor die televisie gesit het, en sy stem verhef.

Otto het glo woorde teruggegooi en die twee mans het mekaar voor die bors gegryp.

Die huisvrou sê sy het ewe skielik ’n harde geluid gehoor en toe net bloed oral buite langs die muur en stoep gesien.

“Ek weet nie eens wanneer hy [haar man] sy wapen gaan haal het nie. Ek was in die kombuis en wou nie betrokke raak nie.”

Bloedmerke teen die muur nadat Otto geskiet is. FOTO: salette cloete

Sy sê dis haar man se wettige, gere- gistreerde vuurwapen.

Sy sê hulle het ook reeds twee interdikte teen Otto bekom, maar hy was eenkeer so bombasties dat hy dit voor die polisie se aangesig opgeskeur het.

Volgens haar het hulle al ’n paar keer die polisie gebel as hy in die nag moles kom maak het, maar sodra hy deur hul dogter afgesê word, kom hy maar net weer soontoe.

“Hy het geen respek vir ons, ons dogter of sy vrou – van wie hy vervreemd was – gehad nie.”

’n Ingeligte bron het op die toneel aan TygerBurger gesê dat die oorledene se vervreemde vrou slegs oor Otto se rugbyloopbaan wou praat, en niks oor die skietery wou noem nie.

TygerBurger kon haar teen druktyd nie vir kommentaar bereik nie.

Die Scottsdene-sentraal-rugbyklub sê op hul Facebook-blad dat dit ’n skok vir hulle is. Hulle wens Otto se familie alle sterkte toe en bid vir sy siel. Verder sê die klub hulle gaan hom mis as die toegewyde speler wat hy was voor hy sy stewels opgehang het.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê hulle kan die voorval bevestig, wat om 18:30 plaasgevind het. Sy sê volgens verklarings is ’n 43-jarige man dood nadat hy geskiet is.

Rwexana sê ’n 59-jarige man is in hegtenis geneem en staar ’n klag van moord in die gesig. Sy sê hy sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.