21 Februarie 16:12
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Nuus
Sonskynfees gaan waarde vir geld bied

Dis weer tyd vir die jaarlikse Sonskynfees, wat vanjaar na die Hillcrest Quarry verskuif.

Die fees op 25 Maart is ten bate van die Alta du Toit-nasorgsentrum in Boston in Bellville. Dit het verlede jaar uit sy nate gebars.

Met ongelooflike kunstenaars soos Lollos wat die fees afskop, en Snotkop wat dit afsluit, kan feesgangers uitsien na ’n heerlike dag vol musiek en avontuur.

Met kunstenaars soos Kurt Darren, Ray Dylan, Andriëtte, Amore, die nuwe sensasie Refentse, KayCee, Nadia Louw, Desmond Wells, Joe Forster, Johan C. Venter en Elandre Schwartz beloof die geleentheid om baie besonders en waarde vir geld te wees. Die energieke Pedro Kruger sal as seremoniemeester by die fees optree.

Met verskeie avontuur-uitstallings, ’n kinderspeelarea en heerlike eetgoed kan almal die dag geniet. Daar is ook ’n karp-visvangkompetisie met lekker pryse.

Die hoofborg van die fees is Burma Plant Hire & Mining en hulle borg vanjaar al die kunstenaars, terwyl verskeie kleiner borge en die Hillcrest Quarry ook vanjaar aan boord is. TygerBurger is weer vanjaar die mediaborg.

Die volle opbrengs van die fees sal aangewend word vir die versorging van die 220 intellektueel gestremde volwassenes verbonde aan die nasorgsentrum. Sommige kunstenaars tree gratis of teen ’n verminderde fooi op tydens die fees. Hierdie is dan ook die sentrum se grootste geldinsamelingsprojek vir die jaar.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en die hekke maak reeds om 09:00 oop. Besoek gerus die Sonskynfees se Facebookblad vir meer inligting oor die program.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.