22 Julie 12:47
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Trokwrok aan’t prut

’n Oorlog in die kleine wat in De La Haye woed, dreig om ’n nasionale kwessie te word.

Inwoners van dié buurt, wat net duskant die Bellville-verkeersdepartement en -toetssentrum geleë is, is warm onder die kraag vir die toenemende aantal ryskole en leerlingbestuurders in die omgewing.

“Ek het hier gekoop omdat dit rustig en veilig is en nou is dit alles behalwe so,” sê Marlies Vos, wat al 20 jaar in die omgewing bly.

Nie net word inwoners se veiligheid bedreig nie, maar ook hul stilte, privaatheid en omgewing, meen Vos.

Dit is veral die leerling-trokbestuurders wat pla, met trokke wat gedurig op die rustige buurt se paaie oefen.

“Ons betaal eiendomsbelasting deur ons nek, maar watter regte het ons as belastingbetalers?” vra Vos.

Inwoners meen die ryskole vermeerder met rasse skrede, en het nou ’n petitisie opgestel wat hulle aan die toetssentrum wil oorhandig.

Grubel Elke (63) sê sy bly al 24 jaar in dieselfde huis en skat die aantal skole het in die afgelope jaar verdubbel.

“Die klein motors pla ons glad nie so baie soos die trokke nie,” vertel sy.

“Hulle begin al vroeg in die oggend ry, selfs op Sondae. Hulle raas vreeslik en hulle stink.”

Met TygerBurger se besoek, het daar juis twee leerlingbestuurders binne 10 minute verby Elke se huis gery. Inwoners glo die plaaslike regering reageer nie op hul griewe nie, maar owerhede sê dit is nie ’n eenvoudige kwessie nie. “Ryskole en leerlingbestuurders het die reg om op enige openbare pad te oefen,” sê Byron la Hoe, ’n provinsiale woordvoerder vir vervoer en openbare werke.

Hy sê daar is geen wettige basis om ryskole of leerders uit die area te verbied nie.

J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir onder meer veiligheid en sekuriteit, beaam dit.

“Die wet vereis net dat ’n instrukteur voldoende gesertifiseer is,” sê hy.

Pat Allan, president van die Suider-Afrikaanse instituut vir bestuursinstrukteurs, sê die tekort aan wetgewing is juis die rede hoekom soveel ryskole oopmaak. “Elke Jan Rap en sy maat maak nou ’n bestuurskool oop, en totdat die land se wetgewing verander, gaan die probleem net vererger,” sê sy.

Allan verduidelik dat iemand met ’n C1-troklisensie outomaties ’n klein motor mag bestuur.

Boonop is dié toets baie makliker.

Toetsbestuurders vir ’n C1-lisensie hoef slegs ’n paar van die vereistes na te kom wat hul eweknieë moet nakom wat die toets vir ’n klein motorlisensie aflê.

’n Troklisensie-toetsbestuurder hoef byvoorbeeld nie te kan parallel parkeer nie.

Juis hierom sal baie ryskole kliënte aanmoedig om eerder ’n troklisensie – met die verhoogde werksgeleenthede wat dit inhou – te verkry.

Boonop is daar nie ’n wet wat ryskole verplig om bykomende beheer van die motor vir die instrukteur te gee nie – iets wat tot baie ongelukke lei.

“Ons is aan die genade van hierdie bestuurskole uitgelewer,” sê sy.

“Die bedryf is in ’n krisis.”

’n Eienaar van ’n ryskool, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het haar instrukteurs se geldige dokumente aan TygerBurger gewys.

“Ek weet nie wat méér wil die mense (inwoners) hê nie,” het sy gesê.

’n Ander ryskool-eienaar het gesê almal moet die kans gegun word om vir hul bestuurslisensie te oefen.

“Alle bestuurders moet een of ander tyd leer bestuur,” het sy gesê.

Smith het inwoners wat hulle oor hul padveiligheid bekommer, versoek om die Stad se verkeersbeheerkamer te skakel by 021 596 1999, of die openbare krisiskommunikasiesentrum te skakel by 021 480 7700 (vanaf ’n selfoon) of 107 vanaf ’n landlyn.


















MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.