24 Junie 07:27
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Tygerburger
‘Chaos’ nadat leerder glo ander doodlem

’n Beweerde uitval tussen twee leerders aan die Hoërskool Scottsdene in Kraaifontein het glo vroeg vandag (13 Junie) gelei tot ‘n bloedige mesaanval waarin die een leerder (16) dood is.

Die skoolhoof, Karel Cupido, het die voorval voor eerste pouse, sowel as die name van die leerders – wat glo al voorheen met mekaar slaags was – aan TygerBurger bevestig.

Cupido vertel die leerders het glo al voorheen gestry oor “groepe waaraan hulle buite die skool behoort”.

Hy sê daar was “absolute chaos” by die skool nadat die bakleiery uitgebreek het. Volgens hom het die een leerder glo die mes uit sy sokkie gepluk en die ander leerder daarmee in die nek gesteek.

Cupido vertel die gewonde seun is na die Kraaifonteinse daghospitaal geneem “waar daar ‘n halfuur lank gespook is om hom aan die lewe te hou”.

Volgens Cupido kan die beweerde aanvaller geskors word ten einde die veiligheid van die ander leerders te verseker. Indien wel, sal hy egter toegelaat word om eksamen te skryf.

Cupido het die insident as “hartseer” beskryf en sê ’n kort diens sal môre (Woensdag) by die skool gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.