21 Augustus 08:40
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Nuus
Danseres glo aangerand

’n Ontkleedanseres het verlede week, toe sy haar salaris by ’n klub in Welkom wou gaan haal, glo ’n kopstamp in die gesig gekry.

Tazz sê sy het in Welkom kom werk omdat sy lus was vir ’n nuwe omgewing. Min het sy geweet haar nuwe werkgewer sou haar met derduisende rande inloop en boonop met die kop in die gesig stamp, sê sy.

Tazz en haar vriendin en kollega, Nicky, sê hulle is baie teleurgesteld in Audrey Baillie, die eienares van die Phoenix-klub in Welkom. Tazz en Nicky het die afgelope paar weke gesukkel om die geld, wat kliënte met kredietkaarte betaal, uit Baillie te kry. Die Phoenix-klub was voorheen die Moments-klub.

Dié twee het ontklee- en skootdanse in die klub gedoen. Tazz sê sy moet nog R7 000 kry en Nicky sowat R2 000, maar hulle glo nie hulle gaan die geld sien nie.

Tazz en Nicky het glo verlede week na die Phoenix-klub in Fuelstraat, Welkom, gegaan om te hoor wanneer Baillie hulle sou betaal.

Tazz sê sy het aan Baillie se slaapkamerdeur geklop en toe Baillie die deur oopmaak, het sy sonder om te groet vir Tazz met die kop in die gesig gestamp. Daar was glo oral bloed.

Baillie sê Tazz en Nicky praat nie die waarheid nie. Tazz het by haar slaapkamer ingestorm. Baillie was nog in die bed. Sy het opgespring en sy en Tazz het in mekaar vasgeloop en dit is waar die kamstige kopstamp vandaan kom.

Baillie beweer Tazz en Nicky rokkel haar kliënte by die klub af en dié twee se nuwe kêrels was juis gereelde besoekers aan die klub. Die danseresse het by die twee mans in Virginia ingetrek en dit is sleg vir haar onderneming.

Baillie sê sy gaan ’n lasterklag teen die twee indien. Sy skuld hulle beslis nie ’n sent nie.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Tazz ’n aanrandingsklag teen Baillie ingedien het.

Tazz het Whats­App-boodskappe gewys wat volgens haar deur Baillie gestuur is.

In die boodskappe sê die skrywer hy of sy sal vir Tazz ’n buskaartjie koop dat sy kan teruggaan Kaapstad toe, op voorwaarde dat sy Welkom onmiddellik verlaat.

Die skrywer sê ook sy sal oorweeg om Tazz te betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.