28 April 04:30
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Nuus
Goudveld-hoërskole skitter in atletiek

Die hoërskole in die Lejweleputswa-distrik het uitstekend in die jaarlikse Vrystaatse hoërskole-atletiekkampioenskapbyeenkoms gevaar.

Dit het op 3 en 4 Maart in Bloemfontein plaasgevind.

Die Hoërskool Riebeeckstad is tweede op die lys van presterende skole met 17 goue, 16 silwer- en 8 bronsmedaljes. Die Goudveld-Hoërskool is sewende, met 10 goue, 8 silwer- en 12 bronsmedaljes. Welkom-Gimnasium is 12de, met 7 goue, 8 silwer- en 9 bronsmedaljes.

Daar is 201 skole op die lys van medaljewenners.

Selfs die kleiner en plattelandse skole het baie goed gevaar. Die Hoërskool Hoopstad was 20ste, met 2 goue en 1 silwermedalje en die Hoërskool Wessel Maree 22ste, ook met 3 medaljes (1 goue en 2 silwermedaljes).

Die Hoër Tegniese Skool (HTS) Welkom, Lejweleputswa se enigste skool wat net met seuns meeding, is 33ste en het 1 goue, 1 silwer- en 3 bronsmedaljes gekry.

Daar is 19 prestasies van Lejwelepu-tswa-atlete in die top-50-prestasies op die byeenkoms.

Ngcondo Matwebu (die Hoërskool Riebeeckstad), is die beste o.17-seun met 933 punte in die 3 000 m.

By die meisies is Miné de Klerk (die Goudveld-Hoërskool) die beste met 926 punte vir haar o.14-diskusgooi.

Welkom-Gimnasium se beste atleet is Maryna Bason met 903 punte vir o.17-hamergooi. Die Hoërskool Wessel Maree se goue medalje behoort aan Marzanne van Heerden vir haar o.14-gewigstoot (917 punte).

Hoewel hulle nie op die top-50-lys is nie, word melding gemaak van twee ander prestasies: HTS se goue medalje behoort aan Sia Nyathi (o.17) vir verspring (7,08 m; 773 punte).

Al twee Hoopstad se goue medaljes behoort aan Janie Horn vir haar o.14-100 m (741 punte) en 200 m (747 punte).

Daar is 59 van Lejweleputswa se atlete in die Vrystaat-atletiekspan opgeneem.

Riebeeckstad het 21, Gimnasium 15 en Goudveld 13 atlete in hierdie span.

Die span neem aan die einde van die kwartaal aan Sasa se Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskapsbyeenkoms in Durban deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.