26 Julie 16:47
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Nuus
Massyn mik na rekord

Vanjaar is ’n mylpaal in die bekende langasem Louis Massyn se Comrades-loopbaan.

Indien alles goed gaan, gaan hy op 4 Junie sy 45ste agtereenvolgende Comrades-marathon voltooi.

Dié marathon is vanjaar opdraande van Durban na Pietermaritzburg en Massyn hoop om Dave Rogers van die Westville-klub se rekord te ewenaar.

Massyn het vanjaar ’n borg bekom vir 45 spesiale T-hemde.

Dié hemde simboliseer die 44 Comrades-marathons wat Massyn reeds voltooi het en die 45ste een wat hy nou gaan aanpak. Elke hemp het ’n jaartal van 1973 tot 2017 op.

“Ek gaan dié T-hemde aan atlete van oor die land heen uitdeel,” sê Massyn.

Massyn neem ook vanjaar vir die 42ste keer aan die Twee Oseane-ultramarathon oor 56 km deel.

Indien alles volgens plan verloop, sal hy die rekord verbeter vir die meeste Twee Oseane-ultramarathons wat nog voltooi is.

“Ek is die enigste atleet wat albei hierdie ultramarathons 40 keer ná mekaar voltooi het.”

Hy sê die volgende atleet wat so ’n prestasie behaal, sal dit eers oor nege jaar kan doen.

Een van die atlete wat dit moontlik kan vermag, is Wietse van der Westhuizen van Bellville.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.