26 Maart 03:35
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Nuus
Matjhabeng-bestuur swak

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Dit is met woede in my hart dat ek hierdie brief skryf.

Matjhabeng se bestuur moet wakker skrik en dissipline toepas. Dit is goed en wel dat hulle sigbaar is, maar om 30 werkers te sien wat aan een stukkie area werk, is sieldodend. Vier uit die 30 werk – die ander sit en gesels onder die bome en ander staan net rond en gesels te lekker.

Ek wou die klagte van die straatligte in Mareestraat, Riebeeckstad, se herstel met die hoof bespreek. Ek was vir twee ure op die foon; al die nommers het net gelui. Ek het die kantoor self besoek. Die vrou wat veronderstel is om kliëntediens te lewer, het heerlik op ’n gemakstoel gesit en brei. Sy het op ’n stukkie papier my naam en nommer geskryf en gesê sy sal die hoof verwittig van my klagte. Dit is presies 17 dae gelede en nog niemand het my geskakel nie.

Vandag het ek weer aanhoudend geskakel, maar dit het heeltyd net gelui.

Van die probleme wat ek al herhaaldelik gerapporteer het, is nog steeds nie herstel nie.

By die ingang na die sportterrein is daar ’n groot gevaar – die pad is in ’n haglike toestand. Die gras is so lank dat jy glad nie aankomende motors kan sien nie. Ek verwag ernstige ongelukke hier.

Ek glo en vertrou dat daar nou aandag gegee sal word aan my versoeke met betrekking tot die ligte, slaggate in verskeie paaie in Riebeeckstad, waterlekke en die skoonmaak en herstel van die Riebeeckstad-sportterrein.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.