30 April 16:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Nuus
Paartjie vier 62 jaar se geluk

Sondag 2 April was ’n besonderse dag vir Pieter en Gerty Terblanche van Silwerbron in Wesselsbron.

Op dié dag 62 jaar gelede het hulle in die huwelik getree.

Pieter onthou ’n dag vroeg in 1950, toe hy as 17-jarige saam met vriende hul matriekuitslae en toekomsplanne op ’n sypaadjie staan en bespreek het.

’n Jong meisie en ’n vriend het op hul fietse by die jongklomp verbygery. Pieter het vir die meisie gesê haar fiets se agterwiel draai vorentoe.

Sy het gestop om te kyk wat verkeerd was. Pieter het laggend na haar gestap en gesê dit was ’n grap.

Dié meisie was Gerty Kruger.

Hier het hulle verhouding begin en hulle is vyf jaar later getroud.

Twee kinders is uit die huwelik gebore. Pieter jr. is ’n opleidings­beampte in Johannesburg en Marlise van Heerden is ’n onderwyser in Wesselsbron.

Vroeër het Gerty by die Posspaarbank in Bloemfontein gewerk en Pieter as vakleerlingdrukker by The Friend.

Die egpaar het later na Pretoria verhuis waar hy by die National Occupational Safety Association (Nosa) as dosent gewerk het.

Later jare, in Durban, het hy by die Nataller gewerk en was hy deeltyds by die veiligheidspolisie betrokke. Hy was ook ’n dosent aan die Durbanse Tegniese Kollege. Vir 20 jaar het hy by ’n drukkery in Johannesburg gewerk.

Op 80-jarige ouderdom het hy finaal ophou werk en die egpaar het in Wesselsbron afgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.