25 April 18:17
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Nuus
Red Welkom van puinhoop-status

Johan de Lange, Welkom:

Ek twyfel aan die beloftes in die koerant dat die niemandsraad ernstig is oor enigiets.

Hulle het kastig Operation Patala en soveel ander “projekte” reeds geloods en sover ek weet, was niemand nog ooit suksesvol nie.

Wanneer jy sit met nie-bestaande departemente en departemente van ’n stadsingenieur wat netsowel nie kon bestaan het vir alles wat hulle aanvang nie, kan dit ook nie anders nie.

Die voorbeelde van die stadsingenieur se brouwerk is legio en ek glo daar is lesers wat selfs nog meer as ek daaroor kan uitwei, maar een van die ergste voorbeelde van uiters moedswillige nalatige brouwerk is in Maritzstraat in Dagbreek reg voor die ingang van die Tuscany-woonstelle.

’n Hoofwatertoevoerpyp het ’n lekkasie ontwikkel, oudergewoonte omdat daar in die stadsingenieur se departement geen planmatige herstelwerk aan waterpype gedoen word nie.

Die lekkasie is “herstel” nadat daar eers twee kragkabels afgeruk is. Die “herstelwerk” het nie eens ’n dag gehou nie. Die gat wat gegrawe is, is onbeman en onbeskermd gelaat.

Menselewens maak nie vir die niemandsraad saak nie. So, wie gaan omgee of die oprit na die blok woonstelle nie gebruik kan word nie?

Vir hierdie department maak dit nie saak as iemand weens dit verongeluk nie. Die plavei-stene is lukraak neergesmyt en ’n ou stuk pyp ook. Dit is nou herstelwerk soos wat dit volgens hierdie department se standaarde gedoen word.

In Rianastraat in Naudeville, reg in die middel van die straat, waar die watertoevoerpyp onder die ryvlak deurgaan, is die waterlek al so erg dat ek wonder hoeveel substrate daar nog oor is. Substrate van die pad word weggekalwe as dit nie herstel word nie. Hierdie lekkasie is reeds meer as twee maande daar.

Mnr. Burgemeester, is dit dan ’n wonder dat ek u vra om deeglik ondersoek na hierdie departement in te stel? Hoekom moet take, teen ’n geweldige koste, altyd twee keer gedoen word? Waarom kan dit nie die eerste keer reg gedoen word nie?

Is dit nie een van die redes waarom Welkom miljarde rande skuld nie? As die dinge so aangaan, sal die situasie nie kan verbeter nie.

Ek glo ’n forensiese ondersoek sou heeltemal geregverdig wees. Ek vra u om dit onverwyld te laat doen.

Mnr. Burgemeester, dit is nie aanvaarbaar nie. Welkom is besig om in ’n puinhoop van die ergste aard te verval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.