28 April 04:26
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Nuus
Tronkstraf beloop 1 905 j.

In een van die land se grootste en langste goudverhore is die 22 veroordeelde goud­delwers van die swaarste strawwe nóg vir rampokkery opgelê.

Die bende is altesaam 1 905 jaar gevangenisstraf opgelê.

Regter Soma Naidoo het Dinsdag (14/03) in die rondgaande hof in Virginia dié 22 gevonnis.

Hulle is in Februarie skuldig bevind aan klagte wat gewissel het van rampokkery, oortredings van die Wet op Edelmetale, die Wet op Immigrasie, diefstal, geldwassery en georganiseerde misdaad.

Die staat het ook ’n beslagleggingsbevel van R433 700 bekom op die eiendom van die leier van die bende, Lovemore Chaba, en sy vrou, Bongeka Makaula. Chaba sal effektief 25 jaar tronkstraf uitdien en Makaula effektief 20 jaar.

Ernie van Rensburg, ’n veiligheidsbeampte van Protea Coin Security, het vroeër vier dae lank ter strafverswaring getuig oor die geweldige negatiewe invloed wat onwettige delwery op die Goudveld, asook die land, se ekonomie het.

Van Rensburg het getuig hoe die koste van veiligheidsmaatreëls by die Harmony-myngroep die afgelope paar jaar skerp weens onwettige delwers gestyg het. Dit het die myngroep die afgelope paar jaar R960 miljoen gekos om skagte te beveilig en zama-zamas te keer.

Volgens Van Rensburg het die getal zama-zamas wat jaarliks in hegtenis geneem word, van 516 in 2011 tot 2 441 in 2016 toegeneem.

Vanaf 2007 is daar 10 716 onwettige delwers in hegtenis geneem, 691 is beseer en 368 se lyke is ondergronds gevind.

Die Masimong-goudverhoor het uit ’n optrede in 2014 deur veiligheidspersoneel by die Masimong-myn gespruit.

Veiligheidswagte en beamptes van die Harmony-myngroep het in April 2014 ná klagtes van onwettige mynwerkers ’n ondergrondse klopjag in die myn onderneem. Dié poging het die myngroep R55 miljoen gekos.

Beamptes het op selfgemaakte goudwasserye en 1 211 ton goudstof van meer as R120 miljoen afgekom.

Dit het twee maande geduur om al die onwettige delwers, wat minstens 1 800 m ondergronds geskuil het, aan te keer.

Niekie Oosthuizen, die staat se hoofgetuie en werknemer van Bidvest Protea Coin Security, is vroeër deur Naidoo geloof vir sy “briljante en geloofwaardige getuienis”.

Oosthuizen het meer as sewe weke lank getuig.

Die res van die vonnisse is soos volg: Simon Mashava Cremora (38) sal effektief 23 jaar tronkstraf uitdien; Ronnie Hlongwane (37), Thomas Mauvu (32), Tsepo Mashaba (30), Ernest Raas Mahlako (40) en Matias Patric Sibizwa (27) is elk effektief tot 22 tronkstraf gevonnis.

Godfrey Nduna Madiba (43), Nkosokolo Makaula (40), Lazarus Chitebe (20), Manginke Msimango (21), Jabu Mlambo (21), John Mutumane (22), Wanda Nqwilisi (26), Melikhaya Pere (35), Ngarigai Mthisi (27), Samson Muyambo (26), Johang Qwenzi (25), Isaac Moyekeni Motusi (33), Solomon Muhoma (33) en Tsokoliso Lephailo (36) is effektief tot 20 jaar elk gevonnis.

Aanklaer adv. Johan de Nyschen en Van Rensburg het gesê hulle is verheug oor die swaar strawwe.

Marian van der Walt, woordvoerder van die Harmony-myngroep, sê die swaar strawwe is ’n bewys dat howe die omvang en gevaar van onwettige mynbou erken.

Advv. Vasiliki Patrinos, Aristotle Mathunzi en Pieter Nel het namens die 22 opgetree en doen tans aansoek om verlof tot appèl.

Patrinos sê hoewel sy die hof se uitspraak respekteer, meen sy onwettige delwery is eintlik ’n menseregte- en maatskaplike aangeleentheid wat nie net uit ’n regsoogpunt beskou kan word nie.

Sy sê daar moet gekyk word na maniere om onwettige delwers op te lei en permitte toe te ken sodat hulle wettig kan delf. Volgens haar is dit ook kommerwekkend om te dink onwettige delwers word saam met geharde misdadigers opgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.