26 Maart 03:35
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Nuus
Twee na Hong Kong

’n Bekende Griffon-rugbyspeler, Wynand Pienaar (27), en ’n oud-Griffon, Japie Nel (35), is deur die Samurai International Football Club uitgesonder om in Hong Kong aan ’n tien-aan-’n-kant-toernooi deel te neem. Hulle is die enigste Suid-Afrikaners wat na dié toernooi genooi is.

Die ander spelers wat vir dié span gekies is, is onder meer van Amerika, Nieu-Seeland, Engeland en Skotland.

Die immergroen Japie sê dit was vir hom ’n groot verrassing om vir dié span gekies te word. Hy draf tans vir die Welkom-klub uit.

Hy het meer as ’n honderd wedstryde op senter vir die Griffons gespeel en het ook as kaptein van die Perstruie diens gedoen.

Dié twee manne vertrek op 1 April Hong Kong toe en keer op 10 April weer terug na Suid-Afrika.

Hulle sal ook die geleentheid hê om op 5 en 6 April die Wêreldsewes-toernooi by te woon.

Vir Wynand is dit ook ’n eer om deel van dié span te wees.

Hy is in 2016 ook genooi om in Hong Kong te gaan deelneem, maar hy is op 11 Maart verlede jaar met Hodgkin-limfoomkanker gediagnoseer. Dit is ’n soort limfklierkanker.

Hoewel hy sterk dosisse chemoterapie, altesaam 12, ontvang het, het hy aanhou oefen en fiks gebly.

Wynand het Maandag (13/03) die groen lig van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie gekry om weer rugby te mag speel.

Die Griffons het hom weer gekontrakteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.