24 Junie 07:25
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Nuus
Rus vir holte van jou voet
CELESTE LOUW het haar huis ook vir besoekers oopgestel. Dit was voorheen haar naweekhuis, maar sedert sy permanent in die dorp woon, het sy ’n ander huis. Dié een is in die mark.
IN Paulina Moloi (links) en haar twee dogters, Mathapelo (agter) en Mosengehi (heel regs), se huis is alles op sy plek. Mosengehi se twee seuns, Rorisang (16) en Thuto (9) Letaba, woon ook hier.
DOUGLAS MASON woon in die ou bank in Rosendal. Die gebou het steeds sy oorspronklike houtvloere en hoë staalplafonne. Besoekers aan die dorp kon hulle tydens die Love Rosendal-fees verwonder aan hoe Mason die gebou in ’n woning omskep het. Foto’s: Marguerite Vermeulen
DIE vertrek wat voorheen die bankbestuurder se kantoor was, is nou die slaapkamer in Douglas Mason se huis, die ou bank in Rosendal.
HENRIËTTE VAN DER WALT wil dié bekostigbare huisie uithuur of verkoop.
DIE nuutste huis in Rosendal, in Botha­straat, het ’n buitestort.
DIÉ buitekombuis het water en plek om hout te bêre.

Heeltemal die teenoorgestelde van ’n fees.

Ongekommersialiseerd.

Rustig, nie besig nie.

Dit is die hele punt van Rosendal: om eindelik tot rus te kom.

Die Love Rosendal-fees wat die afgelope naweek in dié dorp gehou is, se feesprogram fokus daarop om samesyn tussen inwoners en feesgangers te bewerkstellig.

Verskeie venues was oop om by te sit, te eet of te peusel. Die hotel, wat nou as die Horse & Hound bekend is, het ook etes aangebied.

Straatvertonings en Sondagmiddagetes het geleentheid gebied vir feesgangers om die dorpie te ontdek.

Altesaam 13 inwoners het hul huise oopgestel vir feesgangers om te kom kuier. Dit het besoekers gewys hoe interessant die gemeenskap is, en interaksie aangemoedig.

Celeste Louw, nagredakteur van Netwerk24, woon al vir langer as ’n jaar permanent in dié dorp.

“Ek het vir 20 jaar ’n naweekhuis in die dorp gehad,” sê sy.

Die internet het alles verander. Met haar werk was dit nou moontlik om nie fisiek op kantoor te wees nie.

“Ek het gedink ek gaan net ses maande op die platteland hou en sal dan na die stad terug wil gaan. Maar dit raak net al hoe lekkerder.”

Die punt: Om niks te doen nie

“Jy weet, hier is nie ’n duisend goed wat jou aandag aftrek nie en jy hoef nie sleg te voel om lui te wees en op jou bank te lê en die hele dag ’n boek te lees nie.

“Want daar is eintlik nie iets anders om te doen nie.”

Vir Celeste is die omgewing baie mooi.

“Gautengers wat die platteland nie so goed ken nie, dink baie keer aan die Vrystaat as baie plat.

“Wat wonderlik is hier, is hoe die omgewing saam met die weersomstandighede verander. As dit bewolk is, lyk die berge anders as wanneer die son skyn en in die oggend is dit ook anders as laatmiddag.”

Sy is ook lief vir die mense.

“Hier bly verskriklike nice mense. Hier is baie interessante mense en almal het interessante projekte en lewens.

“So ek dink dis deel van die dinge wat dit lekker maak in Rosendal.”

Volgens Celeste is die meeste mense in die dorp, wat nie hier gebore is of boer nie, kunstenaars en skrywers wat in die dorp kan werk en hul werk dan in Johannesburg kan verkoop.

Buiten Chris van Niekerk is ander bekendes in die dorp Michelle Nigrini, Willem Pretorius en Dahla Hulme.

“Dis ’n hegte gemeenskap. Mense dink almal sien mekaar die heeldag en jy raak uitgekuier met mekaar.

“ ’n Mens sien mekaar nogal eintlik minder as wat jy dink, vir so min mense. Maar, ons is almal baie na aan mekaar. As iemand hulp nodig het, dan spring ons almal in en help.

“Ons is nie almal huisvriende nie, maar ons is almal op goeie voet met mekaar en kyk uit vir mekaar.”

‘En toe koop ek die bank’

Douglas Mason is ’n ekonoom en vryskutjoernalis van Kanada.

“Ek het hier aangekom en Rosendal het my ge-charm,” sê Mason oor hoe hy hier geland het.

Hy woon nou op die hoek van Kriek- en Van der Merwe-straat in die ou bank wat in 1913 gebou is.

“Die slaapkamer was voorheen die bankbestuurder se kantoor.”

Nou is dit baie modern ingerig, met ’n ouwêreldse flair.

Die eetvertrek is minimalisties ingerig en ’n paar kunswerke moet nog hul plek aan die muur kry.

Mason pas by sy huis.

Hy dra sy sonbril binne-in die huis waar hy feesgangers rondwys.

Die bank se ou kluis dien nou as bergplek, maar hy beplan om dit vir sy wynversameling in te rig.

Langs die winkel, op die groot erf

Dit is nie maklik om die huis te vind nie.

Dit is oor twee erwe gebou, #64,65. Langs die winkeltjie.

Iemand ver af in die straat is op pad kerk toe, maar kom vra eers hoe hulle kan help.

Hulle beduie vriendelik na Ma Moloi se huis.

“En moenie bang wees nie. Mense sal jou beduie na die volgende huis. Mense steel nie hier nie.”

Toe ek by Ma Moloi se huis aankom, sien ek die gevolg van ’n leeftyd se spaar. Baie netjies. Alles op sy plek.

Ma Moloi wil nêrens anders woon nie.

“Ek soek nie ’n ander plek nie. Die mense hier (in Rosendal) maak nie die ander mense dood nie. Hulle steel ook nie baie nie,” sê sy.

Sy woon in die dorp saam met haar twee dogters en twee kleinseuns.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.