27 Mei 13:49
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Donderdag

20°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Nuus
Beplande batteryfabriek ’n eerste in Afrika

Planne vir ’n nuwe batteryfabriek is onderweg met belangstellendes wat nou insette vir die ontwikkeling kan lewer.

Die nuwe African Battery-fabriek sal sowat 450 hektaar van die Langebergplaas, 5 km wes-suidwes vanaf ArcelorMittal staalaanleg en langs die R27, in beslag neem.

African Battery Factory word as ’n batteryvervaardiger en herwinnings-fabriek beskryf, en sal glo die eerste van sy soort op die kontinent wees.

Die nywerheid sal na verwagting litium-ioon- en “soortgelyke batterye” vervaardig wat 200 GWh (gigawatt-ure) per jaar sal beteken.

Hierdie batterye sal gebruik word vir elektriese motors, die huishoudelike en kommersiële stoor van krag en elektriese netwerke.

Litium-ioonbatterye word beskou as gevaarlik, omdat dit vlambare elektroliete bevat. ’n Stoorplek vir die batterye word op die perseel beoog.

Elektrisiteit vir die projek sal deur Eskom verskaf word asook met sonkrag danksy sonpanele op die fabriek se dak met water wat deur die Saldanhabaai-munisipaliteit verskaf sal word, genereer.

Die ontwikkelaars, Pyxis Energy, sal verskeie lisensies van, onder meer, die departement van omgewingsake en departement van water en sanitasie moet bekom, aangesien infrastruktuur in en om die Saldanha-kalksteenstrandveld opgerig sal word.

Die fabriek sal ook pakhuise, wateropgaartenke en ’n 66 kV- of 132 kV-substasie insluit.

’n Verpligte openbare deelname-proses sal vandeesmaand en in Mei plaasvind met die eerste konsepverslag wat die omvang van die ontwikkeling sal bepaal wat aan die einde van Mei ingedien sal word.

Volgens die ontwikkelaars se projek-agtergronddokument, is die hoop om hul finale omgewingsimpakstudie en die konsep van die omgewings-bestuursplan in September in te dien.

Enigeen wat meer wil weet of insette wil lewer, kan registreer by AGES (Pty.) Ltd. deur ’n e-pos aan onderskeidelik Johan Botha of Engela Grobler by jbotha@ages-group.com en egrobler@ages-group.com te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.