22 Augustus 09:06
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Nuus
Laaste kans vir sê oor Trekoskraal-ontwikkeling

Trekoskraal se bewaringsgebied teen die kus moet groter wees en die strand meer toeganklik vir die publiek.

Dié kommentaar is gelewer deur belanghebbende partye nadat hulle die konsepbeplanning vir ’n 130 hektaar-ontwikkeling op die plaas, Trekoskraal bestudeer het.

Ook is daar gevra dat die ontwikkeling effens na die binneland skuif sodat dit “ekologies sensitiewe grond” spaar, terwyl dit ’n groter deel van die reeds beskadigde duineveld benut.

Inwoners vra in ’n neutedop dat natuurbewaring die hoogste prioriteit geniet.

Dié voorstelle en ander was gebruik om die finale beplanningsverslag op te stel en was vanaf 11 April weer uitgereik aan die publiek.

Die projek beoog om ’n eie dorpie te wees met geriewe soos ’n kerk, kleuterskool, winkels, restaurante, ouetehuis, poskantoor en sportveld. Daar word ook ’n boetiekhotel met ’n uitsig oor die see, kampeerterrein, vakansiehuise, asook perdry-, fiets- en wandelroetes beplan.

Trekoskraal se ontwikkeling het ’n aanloop van dekades en het in die verlede heftige teenkanting van natuurlewe-organisasies, die Weskus-Biosfeer, asook die Nieuwe Rust-inwoners ontlok.

Die publiek se teenkanting en kommentaar gedurende die vorige openbare deelnameproses het verskeie veranderinge aan die oorspronklike beplanning meegebring, soos die aansienlike vermindering van die wooneenhede vir die gebied. Belanghebbende partye word nou weer uitgenooi om skriftelik hul insette te lewer op die finale konsepdokument voor die sperdatum van 5 Mei.

Dit is te sien by die stadsbeplanningskantoor in Hoofstraat, Vredenburg, die Vredenburgbiblioteek en op www.gnec.co.za.

Belanghebbendes kan nog registreer.

Rig kommentaar aan: Renier Kapp, omgewingskonsultant by Guillaume Nel Environmental Consultants. Kontak hom by 021 870 1874 of renier@gnec.co.za.

Konstruksie kan volgens die projekbestuurder, Jacques Pauw in 2018 begin en sal vyf tot ses jaar duur.

Trekoskraal was vir dekades lank ’n gewilde kampeerplek, maar uitkamp hier word deesdae verbied weens beskadiging van die sensitiewe duineveld deur viertrekvoertuie en motorfietse, ook besoekers se rommelstrooiing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.