26 April 08:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nuus
‘Laat ons sentrum se lig weer skyn’

Ouers van gestremde lede van die Weskus APD-sentrum op Saldanha wil hul sentrum so gou moontlik weer aan die gang kry.

Ná die skorsing van die sentrum se bestuurskomitee en sentrumbestuurder op 15 Februarie, was die afgelope Maandag 10 April die eerste amptelike vergadering wat met sowat 28 ouers van die sentrum se lede gehou is.

Dit is onaanvaarbaar, was die ontstelde reaksie van die ouers en werknemers, veral omdat sommige vir die eerste keer van die skorsing in verlede week se Weslander gelees het.

Elmien Grobbelaar en Neva Smith, direksielede van die sambreelorganisasie, Wes-Kaap APD (APD staan vir Association of Persons with Disability) het verskoning gevra dat die ouers nou eers hieroor ingelig word.

Smith het verduidelik hulle wou nie te gou ’n vergadering hou nie omdat die ondersoek eers moes plaasvind. Tot die ondersoek afgehandel is, kan hulle ook nie redes vir die skorsing verstrek nie, maar dit hou verband met finansies. Volgens Grobbelaar is dit vir hulle ’n eerste hoe dinge nou aan die Weskus verloop het – “daar het nog nooit so iets by enige ander takke soos hier gebeur nie”.

Die departement maatskaplike ontwikkeling is op versoek van minister Albert Fritz, besig met ’n ondersoek na die aangeleentheid.

Smith het gesê sy hoop hulle sal binnekort antwoorde hê, maar bygevoeg sy kan nie ’n datum gee nie. Sy het ’n opvolgvergadering belowe ná die ondersoeke afgehandel is. Sy het benadruk dat dienste by die sentrum moet voortgaan.

Wes-Kaap APD het ’n afsonderlike rekening waarin lede se subsidies betaal en waaruit die sentrum se daaglikse uitgawes soos brandstof vir die minibus en salarisse gedek kan word. Weskus APD het hul eie bankrekening waartoe net die geskorste komitee toegang het. Die bakkie waarmee die maatskaplike werker tuisbesoeke doen, is egter ongelisensieerd en mag dus nie gebruik word voordat dit reggestel is nie.

“Hierdie plek is vir ons ouers baie belangrik,” het Dougie Samuels, een van die ouers gesê. “Al wat ons wil hê is dat die saak so gou moontlik opgelos word sodat hier in hierdie plek weer ’n lig kan skyn.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.