Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
NSRI red eie lede op Jacobsbaai

Twee personeellede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) moes Maandagmiddag by Jacobsbaai aan die Weskus gered word toe hul rubberboot ten tyde van ’n skubaduiksessie omgeslaan het.

Volgens Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, was Megan Melidonis (31) en Doug Cleland (77) in die rubberboot toe ’n golf die boot omgeslaan het. Melidonis se man, Matthew (30), was besig om te skubaduik.

Die rubberboot behoort aan Cleland.

Melidonis en haar man werk albei vir die NSRI, onderskeidelik in Houtbaai en Simonstad.

Melidonis en Cleland kon op die omgekeerde rubberboot klim en het haar selfoon gebruik om die NSRI en die seereddingskoördineringsentrum (MRCC) in te lig van hul situasie en dat haar man nog in die water is.

Melidonis het daarna onder die boot ingeduik om ’n noodfakkel te kry en af te vuur. Sy het ook die boot geanker om te verhoed dat dit wegdryf, sê Lambinon.

In daardie stadium het Matthew na die oppervlak teruggekeer en Melidonis gehelp om rooi noodfakkels in tussenposes af te vuur.

Die fakkels is deur kampeerders by Trekoskraal in die omgewing raakgesien, wat hulle gaan help het.

Die NSRI Mykonos het ook daarna opgedaag en die rubberboot na die kus gesleep.

Lambinon het Melidonis en haar man geloof vir die feit dat alle veiligheidsmaatreëls toegepas is en dat veiligheidstoerusting byderhand was ten tyde van die voorval.

Niemand is in die voorval beseer nie. – Netwerk24.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.