29 Junie 04:06
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Nuus
Nuwe inwoners wag nog vir R18 000

Ná vele pleidooie het nuwe intrekkers aan die Weskus besluit om liewers hulself tot regsaksie te wend om hul geld terug te kry.

Pieter en Annalie Fourie, oorspronklik van Nelspruit, Mpumalanga, het verlede jaar huis gebou op Jacobsbaai, toe hulle vir Willem Oberholzer van Clearbar Solutions in Desember 2016 gekontak het vir die installasie van diefwering, en ook ’n veiligheidshek.

Sedertdien is dit ’n konstante stryd met Oberholzer, volgens Annalie.

Eers is daar gewag vir die veiligheidshek om klaargemaak te word, en toe dit vir die Fourie’s duidelik word die hek gaan nie realiseer nie, is dit ’n konstante stryd om die geld wat vir die hek betaal is, R18 000, uit Oberholzer te kry.

Oberholzer het, aldus die Fourie’s, “verskeie redes” verskaf waarom die hek se vervaardiging so lank vat, van probleme met verskaffers, tot probleme met die vervoer van die materiaal om die hek te maak.

Weslander is in besit van talle WhatsApp-boodskappe waar Pieter vir Oberholzer konfronteer oor die hek se geld wat moet terugbetaal word, maar tevergeefs.

Oberholzer het vir elke aantyging ’n belofte dat óf die werk sal gedoen word, óf dat die geld terugbetaal sal word, maar sonder enige resultate.

Intussen het een van Oberholzer se vennote aan die Fourie’s gesê Oberholzer het nou na Hermanus verhuis.

Weslander het telkemale met Oberholzer probeer kontak maak, maar tevergeefs.

Die egpaar het hulself eers tot die plaaslike polisie gewend, maar is meegedeel hul sal ’n eis moet indien omdat dit nie ’n saak van bedrog is nie.

Volgens Annalie is hulle reeds besig met die eis, en probeer hulle steeds ’n skuldooreenkoms met Oberholzer aangaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.