22 Julie 12:47
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Oom Paul se handboek vir myne ’n eerste

Op 85 sal meeste mense seker begin dink aan rus, maar nie Paul Marais nie.

Die Vredenburgerse ingenieur het op 30 Maart ’n handboek wat ingenieurspraktyke by ondergrondse myne se prosedures verduidelik, die eerste van sy soort, tydens ’n spoggeleentheid in Kimberley bekendgestel.

Standard Engineering Procedures for Mines, is ’n 20 jaar lange passie-projek vir Marais, wat deur Publishing World uitgegee is, en volgens Marais was dit nie net ’n geval van sit en skryf nie.

“Ek ken niks, ek ken net mining,” vertel Marais oor die handboek wat hy met die hand geskryf het.

Hy het meer as 50 jaar se ervaring by onder meer koper-, platinum-, goud- en asbesmyne, en hy voel hy moes sy kennis deel.

“Dit gaan nie oor wie die job doen nie, dit gaan oor wat die persoon doen.

“Die hoofrede vir die skryf van hierdie boek is die veiligheid van werknemers.”

Marais vertel hoe hy menigmaal gesien het hoe daar mans af in die myne gaan, en dan nie lewendig terugkom nie.

“Die tweede rede vir die skryf van die boek is eenvormigheid. Hierdie metodes is getoets en dit werk,” belowe Marais, wat nege tersiêre kwalifikasies het, waaronder meganiese en elektriese ingenieurswese.

Volgens Melissa Vorster, bemarkingsbestuurder by Publishing World, was dit ’n maklike keuse vir die uitgewer om die boek te publiseer, “want daardie kennis kan nie verlore gaan nie”.

Die uitgewer hoop die boek word in grootmaat deur myne gekoop sodat werknemers kan terugverwys na die prosedures wanneer daar vasgehaak word.

Marais is gebore en getoë in Riebeek- Wes, en ná hy in vele plekke regoor die land gewoon het, het hy en sy vrou Gretha, in 1993 kom “aftree” in Vredenburg, alhoewel mens dit wat Marais doen nie werklik aftree kan noem nie.

Hy is steeds in ’n raadgewende kapasiteit by verskeie myne betrokke, asook by die departement van openbare werke.

Vir meer inligting oor Standard Engineering Procedures for Mines kan Vorster gekontak word by 053 861 1889.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.