29 Mei 21:12
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Nuus
Oud-komiteelid wil APD help

’n Plaaslike weldoener sê sy wil graag weer die Weskus se vereniging vir gestremde persone (APD) help om hul lig te laat skyn.

Sakevrou Manny Prinsloo (Padayachy) is sedert 1993 in Saldanha-baai by sopkombuise en noodleniging aan behoeftiges betrokke. Sy sê ná die verskyning van die berig verlede week in Weslander oor die skorsing van Weskus APD se bestuurskomitee, kry sy talle oproepe oor haar betrokkenheid by die vereniging.

Prinsloo is in Oktober 2014 deur die sambreel-organisasie Wes-Kaap APD aangestel as bestuurder by Weskus APD se Hoedjiesbaai beskermde werkswinkel op Saldanha. Sy en raadslid Frank Pronk was toe ’n paar maande op die vereniging se dagbestuur, ná die vorige dagbestuur onttrek het.

Prinsloo het op 29 Junie 2015 ’n skrywe ontvang van Johan Bouwer, huidige voorsitter van Weskus APD se bestuurskomitee, wat almal in Februarie vanjaar deur Wes-Kaap APD geskors is. Daarin is sy gevra om uit die bestuurskomitee te bedank en haar tekenregte op die vereniging se bankrekening prys te gee.

Volgens Prinsloo is sy deur dr. Lynette Rossouw, van die Vredenburg-tak vir die departement van maatskaplike ontwikkeling, gevra om ’n verklaring oor haar betrokkenheid in te dien. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, het Rossouw gevra om ondersoek in te stel na die aangeleentheid.

In die verklaring noem sy dat die sentrum in 2014 in ’n erg vervalle toestand was en sonder fondse. Sy het uit haar eie sak bygedra om die plek op te knap. Weskus APD het nie toe ’n bankrekening van hul eie gehad het nie. Hulle het toe een geopen.

Sy het ook instruksie gegee dat ’n R10 000 donasie vanaf Sea Harvest vir haar eie organisasie Grace upon Grace in Weskus APD se bankrekening gaan.

Prinsloo beweer hoewel sy tekenregte gehad het, sy nie enige finansiële transaksies gemagtig het namens Weskus APD nie.

Sy sê sy sal graag weer betrokke wil raak sodat die sentrum se lig kan skyn. “Dit maak my dood wat nou daar gebeur, dit is so onregverdig teenoor die mense,” sê Prinsloo.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.