26 April 07:58
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nuus
Tóé loop die snoek lekker

St. Helenabaai-hawe was Saterdag ’n miernes van bedrywighede.

Met Weslander se aankoms om 12:00 by die hawe was daar al meer as 50 mense wat die bote ingewag het vir ’n snoek.

Party mense het selfs van Kaapstad gekom om te kom koop.

Groot was die teleurstelling toe die eerste boot net so oor die 30 snoek gehad het om te verkoop, wat binne minute opgeraap is teen R100 elk.

Gelukkig het die volgende bote teen 13:00 sommer begin instroom.

Die snoek is eers ’n geruime tyd nog teen R100 per snoek verkoop, maar later het sommige bote snoek teen R50 stuk verkoop, met een boot wat sommer R100 vir drie gevra het.

Volgens Gerber Basson, eienaar van Nossab Visserye, het van die bote later op Saterdag tussen 800 en 900 snoek per boot ingebring.

“Later het van die manne die snoek sommer teen R25 een verkoop, omdat daar toe nie meer kopers was nie,” vertel Basson.

Sondag het die snoek weer geil geloop, maar teen Maandag en Dinsdag was die bote weer leër, met die bote wat slegs tussen 80 en 120 snoek per boot ingebring het.

Weens die onvoorspelbare patroon waarvolgens die snoek nou gevang word, wil Basson dit nie waag om te voorspel wat die res van die maand sal gebeur nie.

“Daar kan weer dae wees wat hy loop soos Saterdag en Sondag, maar dan kan ook dae wees wat daar niks is nie,” reken Basson.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.