18 Augustus 14:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Vrou 3 keer verkrag op Goeie Vrydag

Drie keer verkrag op Goeie Vrydag.

Toe die son op Goeie Vrydag sak, het ’n 29-jarige vrou van Laaiplek staan en duim gooi by die St. Helenabaai-kruising.

Niksvermoedend het sy staan en wag vir ’n saamrygeleentheid om by haar suster op Vredenburg te gaan kuier.

’n Nagmerrie-ervaring het egter gewag.

Kapt. Johan Horn van die Weskus se seksuele misdaad-afdeling sê die vrou onthou dat ’n man in ’n groen motor haar opgelaai het. Die vrou sê sy ken nie die man nie, maar sy gesig het vir haar bekend gelyk.

Volgens haar verklaring aan die polisie het die man haar nie na haar bestemming geneem nie, maar na ’n veld tussen die treinspoor en Laerskool Masiphathisane by George Kerridge in Vredenburg. Daar het hy haar twee keer verkrag en gevlug. Sy het na die naaste pad gekruip. Hiér het ’n tweede man voorgegee dat hy haar wil help, maar dié het haar ook toe vir ’n derde keer verkrag.

Die ryloper sê sy het uiteindelik in die vroeë oggendure hulp gekry by ’n konstruksiemaatskappy se sekerheidskantoor daar naby. Die nagwag het die polisie gebel.

Die vrou ontvang tans berading en is reeds uit die Vredenburg Provinsiale Hospitaal ontslaan.

Horn sê niemand is nog met betrekking tot die verkragtings in hegtenis geneem nie. Die polisie vra dat ooggetuies of mense met inligting dringend na vore kom. Bel die seksuele misdaad-afdeling by 022 714 8325.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.