27 Mei 13:47
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Donderdag

20°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sport
Kan die Burg sy seisoen omdraai?

Ná vyf rondes is dit nog net Wesbank-rugbyklub wat in die SwartWes se Grootuitdaagbeker onoorwonne is.

Die span van Malmesbury speel vanjaar weer voortreflike rugby en is tans boaan die Grootuitdaag-punteleer.

Twee Weskusspanne, Saldanha en St. Helenabaai, is onderskeidelik tweede en derde, elkeen wat nog net een wedstryd verloor het.

St. Helenabaai se verloor in sy laaste wedstryd was weliswaar teen die einste Wesbank, ’n loesing van 48-24 in Malmesbury.

Voor dit het die span van die Agterbaai uithaler rugby gespeel, met Velddrif wat onder meer met 17 punte moes pak kry.

Saldanha, met ’n verloor teen Darling die enigste negatiewe, lyk egter steeds na die span wat vir Wesbank kan laat harde bene kou.

Ná die verloor teen Darling het Saldanha sommer met mening teruggekom om ’n begeesterde Vredenburg 36-26 te klop, en daarna het ’n afranseling van Never Despair en Mamre weg van die huis af gevolg.

Met ’n positiewe punteverskil van 70, is dit ook duidelik dat die span ’n ysterverdediging het, en word geleenthede om punte aan te teken nie weggegooi nie.

Eerskomende naweek durf St. Helenabaai vir Saldanha in Laingville aan, in wat beloof om ’n titaniese stryd om die tweede plek op die punteleer te wees.

Velddrif het groot belofte getoon, maar die verloor teen St. Helenabaai sou die span seermaak, veral ná ’n groot oorwinning teen Mamre wat wou lyk of dit die katalisator vir Velddrif kon wees.

Die naweek speel Velddrif gasheer vir Wesbank, en indien Velddrif wil wys dat 2017 sy jaar gaan wees, is ’n wen teen Wesbank beslis die regte doepa.

Vredenburg beleef ’n nagmerrieseisoen en kon sover nog nie een van sy vyf wedstryde wen nie.

’n Beter punteverskil as Mamre is al wat vir Vredenburg van die voet van die punteleer af hou, en die span sal hoop die ruskans van Paasnaweek help om die batterye ordentlik te laai.

Vredenburg speel nie swak rugby nie, inteendeel, die span speel dalk die aantreklikste rugby in die hele SwartWes, maar afronding en akkuraatheid in die vaste fasette skort steeds. Die span geniet eerskomende naweek ’n loslootjie.

In die Streekuitdaagbeker lyk Hopefield en Langebaan na die twee spanne om te klop.

Albei die twee spanne is nog onoorwonne, terwyl Paternoster ook lyk of hy sy voete wil vind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.