Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

‘Helde se siel leef voort’

SAR-soldaat ’n voorbeeld genoem

Deur Seugnet Esterhuyse Sondag 07 April 2013 11:42 nm.

Die pers beret en handwapen van sktr. Khomotso Paul Msenga, een van die 13 soldate wat in Sentraal-Afrikaanse Republiek doodgeskiet is, lê op sy kis tydens sy begrafnis die naweek in Mamelodi, in die ooste van Pretoria.Foto: Lisa Hnatowicz

‘Helde gaan nooit dood nie. Hul siel leef in die harte van hul geliefdes voort.”

So het genl.maj. Manfred Mabuza eergister van sktr. Khomotso Paul Msenga, een van die 13 troepe wat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) dood is, afskeid geneem op sy begrafnis in Mamelodi, Pretoria.

Die Charity and Faith Mission-kerk was stampvol.

Msenga se naaste familie, onder wie sy ma, Helen, pa, Vusi, en vrou, Zanele, was in swart en rooi geklee. Sy driejarige dogtertjie, Kgomotso, het tydens die diens voor haar pa se kis gespeel. Twee groot foto’s van hom het voor in die kerk gehang.

Sy pers beret en handmes het bo-op sy kis gelê.

“Helde moet nooit betreur word nie, maar verheerlik word,” het Mabuza gesê.

Mabuza het Msenga (27) as een van Mamelodi se puikste seuns opgesom.

“Hy (Msenga) het die weermag gedien. Jul verlies is ons verlies,” het Mabuza aan Msenga se familie gesê.

Kol. William Dixon van die infanterieformasie onder wie Msenga in die SAR gedien het, het ook die diens bygewoon.

“Ek sal altyd dankbaar wees vir sy buitengewone voorbeeld van ’n held.

“Hy het soos ’n ware held baklei. Hy het gesterf terwyl hy ons verbintenis tot vrede en standvastigheid verdedig het.

“Dit is ’n eer om hom as een van ons te kon hê,” het Dixon gesê.

Dertien valskermsoldate het op 23 Maart met hul lewe in die Slag van Bangui geboet. Nagenoeg 46 is beseer, waarvan 27 ernstig. Kpl. Ntebaleng Andrew Mogorosi (40), sktr. Zamani Jim Mxhosana (27) en sktr. Maleisane Samuel Thulo (27) is in ’n gesamentlike diens in Bloemfontein te ruste gelê.

Die ander soldate, onder wie kpl. Mokgadi Darius Seakamela (41) is in Polokwane, sktr. Motsamai William Bojane (26) in Theunissen, sktr. Xolani Dlamini (26) in Diepkloof, o.kpl. Daniel Sello Molara (43) in Botshabelo, o.kpl. Lukas Mohapi Tsheke (44) in Viljoenskroon, sktr. Lesego Maxwell Hertzog Lebatlang (31) in Kuruman, sktr. Karabo Edwin Matsheka (28) in Mahikeng, sktr. Vusumzi Joseph Ngaleka (27) in Khayelitsha en sktr. Thabiso Anthon Phirimana (27) in Matatiele begrawe.