Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


27°C / 11°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 77%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Donderdag


21°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 66%

Vrydag


18°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Twiets oor Steenkamp ontstel

Familie kap #Pistorians

Deur Fanie van Rooyen Donderdag 11 April 2013 11:36 nm.

Oscar Pistorius en sy familie is ontsteld oor uitlatings wat sogenaamde #Pistorians op Twitter teenoor Reeva Steenkamp en haar familie gemaak het.

#Pistorians is ’n groep ondersteuners van die atleet.

Anneliese Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, het gesê: “Dit is een ding om vir Oscar op te kom en hom te ondersteun, maar dit is iets heeltemal anders om op onsmaaklike wyse teen Reeva se familie uit te vaar. Dit is uiters onvanpas en Oscar en sy familie is baie ontsteld oor dié uitlatings.”

Die tydskrif Heat het vandeesweek oor die #Pistorians berig met ’n opskrif op die voorblad wat gelees het: “WAR: How Oscar’s crazed fans are attacking Reeva’s loved ones.”

In dié artikel word beweer #Pistorians het na Steenkamp as ’n “30-year-old nobody” en “Skanky Steenkamp” verwys en het onder meer gesê as haar

ouers geldelik werklik swaarkry, sou hulle “nie die nuwe prokureurs” kon bekostig nie.

Die Pistorius-familie het in ’n verklaring gesê die manier hoe sommige #Pistorians die “ontsettende pyn van Steenkamp se familie en vriende verontagsaam”, is diep kommerwekkend.

Daar is luidens die verklaring “nie ’n oomblik wat verbygaan” waarin Pistorius nie oor Steenkamp rou nie.

“Sy gedagtes is heeltyd by almal wat na aan haar was.”

Pistorius is glo baie hartseer daaroor dat hy nooit die kans gehad het om Steenkamp se ouers te ontmoet nie, maar onthou dat sy altyd met liefde oor hulle gepraat het.

“Reeva en Oscar se verhouding was jonk, maar sy het gou ’n lid van die Pistorius-familie geword,” lui die verklaring.

Pistorius het glo die laaste paar weke troos daarin gevind om tyd deur te bring saam met mense wat naby aan Steenkamp was en met wie hy herinneringe oor haar kon deel.

Die rouproses is vir Pistorius “ongelooflik oorweldigend” omdat hy weet almal wat haar geken het, is ook besig om te rou en omdat hy ’n wroeging het oor sy rol in haar dood.

“Reeva se familie en almal wat haar liefgehad het, is heeltyd in Oscar en ons gebede,” het die verklaring mee afgesluit.

*** 
Nóg ’n boek oor atleet kom
John Carlin, die outeur van die boek Playing the Enemy,waarop die Hollywoord-fliek Invictus gegrond is, is deur Atlantic Books aangestel om Oscar Pistorius se verhaal se skryf.
Volgens Ravi Mirchandani, hoofredakteur van Atlantic Books, sal Carlin se boek na verwagting op die rakke verskyn kort nadat die moordsaak teen Pistorius afgehandel is. 
Carlin is ’n voormalige Suid-Afrikaanse korrespondent van die Britse koerant The Independent en medeskrywer van die tennisster Rafael Nadal se outobiografie.