Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Oscar: Lede in sop oor foto’s

Neem hom in polisieselle af

Deur Philda Essop Woensdag 17 April 2013 1:38 vm.

Kaapstad. – Tugstappe is moontlik die voorland van polisiebeamptes van die Boschkop-polisiekantoor wat foto’s van Oscar Pistorius in aanhouding geneem het.

Dié Olimpiese en Paralimpiese atleet is in die aanhouding-selle van dié polisiekantoor in die ooste van Pretoria toegesluit ná die Valentynsdag-skietery waarin sy vriendin, Reeva Steenkamp, dood is.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê 45 private en vier amptelike selfone is van polisiebeamptes by dié polisiekantoor gekonfiskeer.

Dirk Stubbe, DA-LP, wou by Mthethwa weet op grond waarvan die selfone gekonfiskeer is.

Mthethwa het geantwoord daar is op 21 Februarie op die fone beslag gelê. Dit sal gebruik word as “moontlike getuienis in moontlike tugstappe” teen die lede.

“Die optrede was noodsaaklik nadat dit aan die lig gekom het dat foto’s geneem is van ’n hoëprofiel-individu wat in hegtenis geneem is terwyl hy tussen die hof en die polisiekantoor vervoer is,” lui Mthethwa se antwoord.

Dianne Kohler Barnard, DA-LP, het die optrede gister as “uiters beledigend” bestempel.

Volgens haar is die polisiebeamptes deur dié optrede “verneder”. “Dit beteken die stasiekommissaris het aangeneem dat elke lid in die Boschkop-polisiekantoor ’n misdadiger is.”

Annelizé van Wyk, ANC-LP en waarnemende voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het gister gesê dit is uiters kommerwekkend dat die beamptes glo ’n vermeende misdadiger afgeneem het.

“Tugoptrede moet beslis plaasvind. Ons sal as komitee ons oog op die kwessie hou om te sien wat die uitkoms daarvan is,” het sy gesê.

Borgtog van R1 miljoen is op 22 Februarie aan Pistorius toegestaan.