Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 13°C

Wind 27km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 58%

Vrydag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


19°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 33.9mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 78%

Nuusflitse
Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help Seepunt: Telkom Direct is beroof Tweede tienermeisie sterf ná skietvoorval by skool 'Hiernamaals is te voorskriftelik' Regter maak prostituut stil in Dewani-saak Thailand gooi seksofferhande weg Senzo Meyiwa se moordenaars steeds op vrye voet Marcia Strassman sterf aan borskanker Demetri Catrakilis deel sy wenresep Noordwes: Boere skiet plaasaanvallers dood
Nuus

Pta se mense vaar uit oor myn

Firma sê hy soek nog net minerale

Deur Fanie van Rooyen Vrydag 10 Mei 2013 1:31 vm.

Die inwoners van Doornpoort in die noorde van Pretoria wil nie ’n myn op hul voorstoep hê nie en klaar.

Dié boodskap het eergisteraand op ’n vergadering tussen sowat 200 inwoners van Doornpoort en die bestuur van die maatskappy Sable Platinum hard en duidelik oorgekom.

Sable Platinum is tans besig om onder die filiaal Gemsbok Platinum op die plaas Doornpoort 295JR, wat slegs deur die N4 Bakwena-hoofweg van dié buurt geskei word, na platinum te prospekteer en het by die departement van minerale bronne aansoek gedoen om prospekteerregte na vanadium, ystererts en titaan.

Martin Barnard, voorsitter van die Doornpoort-inwonersvereniging, het ’n brief voorgelees wat aan die departement voorgelê is.

Daarin word gesê dié gemeenskap is “tot die sterkste moontlike graad” teen die prospektering gekant omdat gevolglike mynbedrywighede “noodgedwonge sal lei tot die besmetting van die grondwatertafel, ’n negatiewe impak op die omgewing, ’n daling in eiendomswaardes, sosiale agteruitgang weens die skielike intrek van duisende mynwerkers tot die gebied, ’n styging in misdaad en ’n styging in klank- en lugbesoedeling wat inwoners se gesondheid sal skaad”.

James Allan, uitvoerende hoof van Sable Platinum, het gesê daar is baie wanindrukke oor die prospekteringsproses.

“Die departement het slegs prospekteerregte aan ons toegestaan en daar is nog geen sprake van mynregte nie. Of ons wel daarvoor sal aansoek doen, sal afhang van die uitslae van prospektering.”

Hy het bygevoeg dat al sou daar gemyn word, sal inwoners waarskynlik byna niks van die bedrywighede sien of hoor nie.

“Daar sal aan die noordekant van die plaas gemyn word, wat 3 km van Doornpoort af is en moderne myntegnieke laat baie sagte en grootliks stofvrye ontploffings toe.”

Dít het inwoners nie gerusgestel nie. Alberto Nagel het die bestuur van Sable Platinum “blêrrie arrogant” genoem.

“Dink julle ons is simpel om te glo dat as julle prospekteer dat julle nie ook gaan myn nie?” wou hy weet.

Al die aangetekende besware sal nou deur onafhanklike konsultante van Batho Earth, wat notules geneem het, vir oorweging aan die departement voorgelê word.